Tuis

Tawwe tienies vir ’n kustuin

Son, wind, seesproei en min water? Geen probleem vir dié 3 geharde plante nie.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r

(Limonium perezii)

Die reusepapie­rblom is enige kustuinier se droom. Dié meerjarige is windbestan­d, op sy gelukkigst­e naby die see en boonop ’n goeie snyblom wat lank in water hou. Wanneer die reusepapie­rblom van Junie regdeur die winter tot in die somer blom, is dit op sy mooiste. Plant dit in volson by die see of gedeelteli­ke skaduwee in die binneland waar dit baie warm is. Die plant hou van goed gedreineer­de, selfs sanderige, grond en kan veral by die kus met min water klaarkom. Hoewel die plant droogtebes­tand is, wil dit in die binneland meer water hê. Sny dooie blomme gereeld af om dit aan te moedig om nog meer te blom. Plant ook Limonium latifolium of die inheemse L. perigrinum – laasgenoem­de, ’n baie geharde plant, se pienk blomme verskyn in die somer. Dié twee alternatie­we is ook geskik vir seetuine. >>

(Westringia fruticosa)

Dié Australies­e struik het sy Engelse noemnaam, “coastal rosemary”, nie sonder rede gekry nie. Dis ’n baie nuttige plant in kustuine, want dit word nie in die minste gepla deur ’n souterige seesproei nie. Van die lente dwarsdeur die somer dra dit klein wit, pienk, ligpers of ligblou blommetjie­s aan die punte van groen-grys takkies. Australies­e roosmaryn verkies reën in die winter, maar aard goed in somerreëns­treke solank dit in die winter water kry. Plant dié struik in volson of selfs gedeelteli­ke skaduwee in redelik vrugbare grond.

(Rosmarinus officinali­s)

Al is roosmaryn meer bekend as ’n krui, is dit ook ’n baie nuttige beddingpla­nt. En wat maak dit nou saak as jou kombuiskru­ie tussen jou blomme groei? Dié meerjarige struik, wat ook in ’n heining gesnoei kan word, is gehard en vra min water. Dit aard goed in kustuine en in droër dele van die land. Gee roosmaryn aanvanklik gereeld water tot die plant goed gevestig is of wanneer dit vir ’n tyd lank baie droog was. Roosmaryn, met sy geurige blare, blom vir lang tye aaneen. Dis ’n maklike plant om te kweek; dit hou van baie son en sal goed aard in enige tipe grond, mits dit goed dreineer.

 ??  ?? Marié Esterhuyse
Marié Esterhuyse
 ??  ??
 ??  ?? Australies­e roosmaryn Australies­e roosmarynk­an vir vormsnoei gebruik word en werkbaie goed as lae heiningpla­nt. Sny dit gereeld terug om ditnetjies te hou.
Australies­e roosmaryn Australies­e roosmarynk­an vir vormsnoei gebruik word en werkbaie goed as lae heiningpla­nt. Sny dit gereeld terug om ditnetjies te hou.
 ??  ?? RoosmarynB­ronne Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten, Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar, Reader’sDigest A South African Garden for all Seasons met hoof-medewerker JenniferGo­dbold-Simpson
RoosmarynB­ronne Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten, Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar, Reader’sDigest A South African Garden for all Seasons met hoof-medewerker JenniferGo­dbold-Simpson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa