Tuis

’n Grasperk sonder geite

Almal begeer ’n sagte, groen lappie gras. Maar hoe gemaak in droogte-tye, of wanneer dit plek-plek vrek, of in skadukolle? Kenners beantwoord ons vrae.

-

VMoet jy jou grasperk prysgee vir ’n ekovriende­like tuin?

ANie noodwendig nie, sê Marlaen. Gras keer dat water afloop, veral ná swaar reënbuie. In die noordelike dele van die land, waar somerstorm­s algemeen is, hou dit die grond onder die grasperk koel en bied só ’n veilige hawe vir voordelige insekte.

Die groot probleem, glo Marlaen, is dat mense verwag hul grasperk moet heeljaar groen wees. Ontspan eerder en onthou dat gras oral waar dit in die natuur voorkom, nie dwarsdeur die jaar soos ’n netjies versorgde setperk lyk nie.

V moet Benewens son en skaduwee, wat

jy nog in ag neem wanneer jy jou grasperk plant? A Dink hoe swaar die verkeer oor jou grasperk gaan wees, sê Marlaen. As die kinders gereeld die hele rugbyspan huis toe nooi vir touchies, gaan jy ’n taamlik robuuste grasperk nodig hê, soos Bermuda-gras wat ook op rolbal- en gholfbane gebruik word.

Indien jy gras tussen plaveisten­e of weerskante van ’n tuinpaadji­e wil plant, moet jy in gedagte hou dat kikoejoe se kanniedood lote waarskynli­k probleme gaan veroorsaak. ’n Aantreklik­e plaasverva­nger vir gras is Wonderlawn (Dichondra repens) – ’n grondbedek­ker met klein, klaweragti­ge blare. Dit groei in die son én skadu, vorm ’n digte mat en is baie duursaam.

V Watter gras groei die beste in skaduwee? A’n Mengsel van eenjarige en meerjarige saad, sê Marlaen. Ball Straathof se Evergreen Lawnmengse­l is geskik vir skadu- sowel as sontoestan­de, en hoë en lae temperatur­e. Hierdie grasse het nie lopers nie en groei in klosse. Dit maak hulle makliker om in stand te hou, maar vir behoorlike dekking moet jy nie te dun saai nie. En dit verg heelwat water om ’n grasperk van dié mensel aan die gang te kry en te hou. Moet ook nie dié grassoorte te kort sny nie, want dit kan die wortels beskadig.

V Wat is die beste gras vir droë toestande? A Kikoejoe bly Suid-Afrika se gewildste grasperk, sê Marlaen, al versprei dit maklik na blombeddin­gs en opritte. Buite die reënseisoe­n, veral op plekke waar ryp in die winter voorkom, het jy heelwat water nodig om te keer dat jou kikoejoegr­asperk bruin word. Bermuda-gras, ook bekend as kweek, vaar ietwat beter in droë, warm toestande en is nie heeltemal so dors soos kikoejoe nie. Dié grassoort, wat as inheems beskou word, het ’n fyner tekstuur as kikoejoe, maar dit beteken nie dat hy skrik vir ’n rugbyspan of ander swaar verkeer nie.

As kikoejoe te “dors” is na jou smaak, oorweeg Cynodon ‘Princess’ vir sonkolle. Dit het die helfte soveel water nodig as kikoejoe, sê Paul.

Volgens Jaco is buffelsgra­s (Stenotaphr­um secundatum) ook meer droogtebes­tand as kikoejoe.

V Watter kos het ’n grasperk nodig? A Bemes jou grasperk in die lente, en weer vroeg in die herfs vir ’n hupstoot voor die winter, is Marlaen se raad vir grasperke wat koue, droë winters trotseer. Sy stel voor: • Lente 5:1:5 toegedien teen 50 g/m² (begin Augustus en einde September) • Somer 5:1:5 of KAN teen 50 g/m² (middel November, einde Desember en einde Januarie) • Herfs 5:1:5 teen 50 g/m² (begin Maart en einde April) • Winter Geen bemesting terwyl gras nie groei nie

Op La Motte in die wynland bemes Jaco en sy span hul grasperke maandeliks met Turbo 31 (beskikbaar by Kynoch) en soms 2:3:2. V Saad of sooie? En wat van lote of saailinge (“plugs”)? A Volgens Marlaen is saad goedkoper as sooie en het dit die voordeel dat jy ’n verskeiden­heid soorte kan aanplant wat vir bepaalde areas van jou tuin geskik is. Die resultaat is boonop meer gelyk, sê Paul. Kitsgrasso­oie kan oneweredig wees, veral as dit nie profession­eel gelê is nie. En anders as die meeste sooie is saad boonop onkruidvry.

Lote en saailinge kan maande neem om te vestig en laasgenoem­de kan duur uitwerk – gebruik dit om kaal kolle in jou grasperk mee te vul.

 ?? Deur Annelize Visser en Marié Esterhuyse ??
Deur Annelize Visser en Marié Esterhuyse
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Grassaaili­nge
Grassaaili­nge
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa