Tuis

Take vir Januarie

- Deur Kay Montgomery

Skadu in die tuin

Moenie skadu sien as ’n probleem nie; beskou dit eerder as beskerming teen die son en ’n geleenthei­d om skaduliewe­nde plante te kweek.

Clivias helder skadukolle op, nie net in die lente wanneer C. miniata blom nie, maar ook in die herfs met C. gardenii en sy hangende blomme. Plectranth­us groei in gefiltreer­de of volskaduwe­e, en heelparty blom in die herfs. Sommige groei as struike met wit, pienk of pers blomme (P. fruticosis, P. ecklonii); ander is nuttige grondbedek­kers vir klam grond (P. ciliatus, P. oertendahl­ii). Nog uitstekend­e grondbedek­kers in die skadu is die waterwys Crassula multicava met sy vetplantag­tige blare en klein wit-en-pienk blomme, hen-en-kuikens (Chlorophyt­um comosum) met gestreepte of groen blare en Liriope met sy klossies grasagtige, soms gestreepte loof en ligpers of wit blomme.

Plante vir subtropies­e skadutuine sluit Anthurium en Spathiphyl­lum, varings, boomvaring­s, Coleus en bromelia in.

Kort en kragtig

Die mooiste plante is nie altyd die grootste nie, maar hul klein statuur dra net by tot hul sjarme. Tooi randakkers op met tiemie, Alyssum, Echeveria secunda met sy grys-groen roosvormig­e blomme en Geranium incanum met fyngesnyde blare en ligpers blomme.

Miniatuurr­ose soos ‘Antique Gold’, ‘Chasin’ Rainbows’ en ‘Green Ice’ groei kompak met trosse klein knoppies wat pragtig blom. Maar onthou, nie alle miniatuurr­ose het ’n kompakte groeiwyse nie.

Watter blou vir jou?

Plascon se kleur van die jaar vir 2016 is Atlantic Beach, ’n stimuleren­de en verfrissen­de blou geïnspiree­r deur die kleur van die see in Brasilië en omdat dié land die gasheerlan­d vir vanjaar se Olimpiese Spele is.

Blou blomme in die somertuin skep ’n gevoel van koelte en het ’n kalmerende invloed op ’n warm dag. Agapante in skakerings van blou is gunsteling­e vir somertuine, so ook krismisros­e.

Plant persblou Lavandula pinnata ‘Sidonie’ en Salvia nemorosa ‘May Night’, ‘Victoria Blue’ of ‘Black and Blue’ in groepe as fokuspunte in ’n randakker. Ander blomme in verskeie skakerings van blou sluit komkommerk­ruid, Campanula, Felicia, Hebe, lobelia en Nigella in.

 ??  ?? Geranium incanum
Geranium incanum
 ??  ?? Plectranth­us
Plectranth­us
 ??  ?? Coleus
Boomvaring
Coleus Boomvaring
 ??  ?? Lobelia
Felicia
Lobelia Felicia
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa