Tuis

Mieliehapp­ies

-

Dié geurige happies benodig nie juis ’n doopsousie nie, maar jy kan ’n skeut Srirachaso­us oorgooi vir ekstra byt wanneer jy weglê. Genoeg vir sowat 16 happies Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 3 minute per sarsie

• 1 blik (410g) mieliepitt­e, gespoel en gedreineer

• sowat 200g gaar steurgarna­le, gekap

• 1 groen brandrissi­e, ontpit en gekap

• 5ml masala

• 60ml gekapte koljander

• 250ml keker-ertjiemeel

• 125ml bruismeel

• 10ml bakpoeier

• knippie sout

• 2 eiers, geklits

• 60ml melk

• olie vir diepbraai

1 Meng die mieliepitt­e, steurgarna­al vleis, brandrissi­e, masala en koljander goed in ’n groot mengbak. Voeg nou die kekerertji­emeel, bruismeel, bakpoeier en sout by en meng deur. Klits die eiers en melk saam en meng dit deur die mieliemeng­sel om ’n stywe beslag te vorm. 2 Verhit die olie tot warm. Drup teelepels vol beslag in die olie en braai tot deurgaar en goudbruin oraloor. Gebruik ’n knyptang om die happies in die middel te “kraak” – dit help dat hulle blitsvinni­g deurbak. Herhaal tot al die beslag opgebruik is.

Wat’s in die byt?

Danksy die koskanale op TV is Sriracha-rissiesous nou hoogmode hier op eie bodem. Dit is oorspronkl­ik ’n Thai-sous, gemaak van onder meer rooi brandrissi­es en knoffel. As jy sukkel om dit in die hande te kry, bestel dit by Yuppiechef.co.za.

Chipotle-bottermiel­ies

Asof ’n gebraaide mielie nie klaar koningskos is nie, proe bietjie hier ... Genoeg vir 4 as bygereg Bereidings­tyd: 5 minute Gaarmaakty­d: 8 minute

• 4 mielies, elk in drie gesny

• 1 wiel fetakaas, gekrummel

• 6 kersietama­ties, elk in 8 wiggies gesny CHIPOTLE-BOTTER

• 125g botter, sag

• 15ml chipotle-pasta (of na smaak)

• 15ml lemmetjie- of suurlemoen­sap

• 30ml gekapte vars koljander Rooster die mielies in ’n droë pan of oor ’n oop vuur tot gaar met swart puntjies hier en daar. Meng al die botter bestanddel­e saam en smeer die helfte van die botter dik oor die mielies. Skud en rol die mielies dan nog ’n slag in die warm pan om die geure goed te laat intrek. Haal van die hitte af, smeer met die res van die botter, sprinkel die kaas en tamatie oor en geur met sout en peper. Geniet die happies met die hand waar niemand vir jou kyk nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa