Tuis

Bobaas-worsrol

-

Of daar nou ’n Frankfurte­r, kaaswors of boerewors in jou rol lê, ’n lekker sous is die perfekte pasmaat. Begin met ’n rolletjie, ’n bietjie botter en bros blaarslaai, dan laat waai jy met die mosterd en piekelgroe­nte. TUISGEMAAK­TE MOSTERD

• 30ml mosterdpoe­ier

• 120ml suiker

• 120ml asyn

• 4 eiers

• knippie sout

Maak die mosterd Gebruik ’n elektriese klitser en klits al die bestanddel­e saam in ’n groot metaal-mengbak. Sit nou die mengbak oor ’n pot kokende water op die stoof (moenie dat die bak aan die water raak nie, want dan maak jy roereier) en hou aan klits tot die mosterd dik is. Verwyder die bak van die kastrol en hou aan klits tot koud. As dit in die warm bak bly staan, gaan dit skif. Hou in die yskas en gebruik binne ’n week. PIEKELGROE­NTE

• 15 ml heel piekelspes­erye

• 125 ml suiker

• 125 ml asyn

• 200 ml kookwater

• 1 groot komkommer

• 6 radyse

Maak die piekel Sit die speserye, suiker, asyn en water in ’n kastrol en roer oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat afkoel. Skil en ontpit die komkommer, sny dit in dun skyfies of “spaghetti”. Was die radyse en sny in dun skyfies. Giet die afgekoelde piekel oor die groente en laat staan vir minstens ’n uur in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. >>

 ?? Ferguson Retha Foto: ?? Basson Kyk uit vir sjef Bertus
in die se kostrok, Die Wors-Rol,
op Wes-Kaap, hier afgeneem
Spier se Werf-mark.
Ferguson Retha Foto: Basson Kyk uit vir sjef Bertus in die se kostrok, Die Wors-Rol, op Wes-Kaap, hier afgeneem Spier se Werf-mark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa