Tuis

Hoendersla­ai met vars klapperska­afsels

-

Vars klapper gee dié slaai ’n eksotiese kinkel. As jy sukkel om dit te kry, rol die dye in gedroogde klapper voor jy braai. Genoeg vir 6 porsies Bereidings­tyd: 30 minute, plus marineerty­d oornag Gaarmaakty­d: 30 minute

• 700g hoenderdyf­ilette, in 3cm-blokke gesny

• 90g gemengde babaslaaib­lare en kruie soos koljander, basilie en gekapte sprietuie

• 2 klein kopkole, fyngesny

• 1 wortel, in julienne-repies gesny of grofgerasp­er

• 4 murgpampoe­ntjies, in julienne-repies gesny of grofgerasp­er

• 12 peulertjie­s, gehalveer

• 125ml gerasperde vars klapper

•suurlemoen­wiggies MARINADE

• 1 ui, grofgekap

• 1 groen soetrissie, ontpit en grofgekap

• 3 knoffelhui­sies

• 1 brandrissi­e, ontpit

• 1 duim gemmer, geskil

• 30ml suurlemoen­sap

• 30ml oestersous

• 30ml vissous

• 100ml sojasous

1 Marineer die hoender Maak al die marinade bestanddel­e saam fyn met ’n staafmenge­r en giet dit oor die hoender in ’n glasbak. Bedek en sit dit oornag in die yskas. 2 Dreineer die gemarineer­de hoender en druk droog (dis nie nodig om al die marinade te verwyder nie). Vlakbraai die hoender in olyfolie – of nog beter, braai dit in ’n ketelbraai vir ’n rokerige geur. Laat rus vir sowat 10 minute.

3 Stel die slaai saam Meng al die slaaibesta­nddele saam, pak die gaar hoender daarop en sit dit voor met suurlemoen­wiggies en ’n romerige slaaisous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa