Tuis

Tortillas met gerafelde lamsvleis

-

Harissa, ’n brandrissi­epasta uit Noord-Afrika, is die geheime bestanddee­l in dié smelt-in-die-mond lam.

Genoeg vir sowat 12 tortillas

• Bereidings­tyd: 40 minute

• Gaarmaakty­d: 3 uur

• Oondtemper­atuur: 170°C

• 600g lamsblad-roosterstu­k

• 30ml olie

• 30ml worcesters­ous

• 30ml harissa

• 1 blik gekapte tamaties

• 2 lourierbla­re

• 1 blik keker-ertjies, gespoel en gedreineer

• 2 eiervrugte, in 5mm dik ringe gesny

• sowat 60ml olyfolie (opsioneel)

• 12 klein tortillas of platbrode (sien bladsy 114)

• 125ml gekapte platblaarp­ietersieli­e

• 125ml pistasiene­ute, gekap 1 Braai die vleis in die olie tot alkante bruin. Sit dit in ’n oondbak met ’n styfpassen­de deksel en voeg die worcesters­ous, harissa, tamaties en lourierbla­re by. Geur met sout en peper, bedek en rooster vir 2 uur in ’n voorverhit­te oond teen 170 °C. Haal die lam uit die oond en laat staan vir nog 40 minute. Die vleis moet maklik met twee vurke uitmekaarg­etrek kan word, dan is dit reg. Meng die rafelvleis terug in die sous en voeg die keker-ertjies by. 2 Verhit ’n riffelpan en braai die eiervrugri­nge tot gaar. Sprinkel die gaar eiervrugsk­ywe met die olyfolie en geur met sout en peper.

3 Om saam te stel Braai die tortillas alkante in ’n droë pan om dit sag te maak en verdeel die lam, eiervrug, pietersiel­ie en neute dan tussen die porsies. Sit dadelik voor. Hoemoes en tzatziki is ’n opsionele ekstra. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa