Tuis

Varknek-burrito’s

-

’n Burrito is een van die vele name vir ’n tortilla wat van twee kante om ’n sout vulsel gevou is; die vulsel bevat gewoonlik óf rys óf boontjies (of albei). Genoeg vir sowat 6 (hang af hoe vol jy jou pakkies stop) Bereidings­tyd: 1 uur, maar die moeite werd! Gaarmaakty­d: 30 minute

• 4 varknek-steaks, so 150g elk

• 5ml elk sout en bruinsuike­r

• 5ml cayennepep­er

• 5ml gedroogde origanum

• 5ml fyn koljander

• skil van 1 suurlemoen

• 15ml olyfolie

• 6 tortillas

• sowat 125ml suurroom

• 250ml tuisgemaak­te koolslaai of slaaiblare

• 200g kersietama­ties, gehalveer

• guacamole en salsa vir voorsit TAMATIERYS

• 15ml olyfolie

• 1 klein ui, fyngekap

• 1 knoffelhui­sie, fyngekap

• 1 rooi brandrissi­e, ontpit en fyngekap

• 250ml jasmynrys

• 1 blik (410g) gekapte tamaties

• sowat 350ml aftreksel

• 1 blik (400g) rooi nierboontj­ies, gespoel en gedreineer

1 Begin met die rys Verhit die olyfolie en braai die ui, knoffel en brandrissi­e stadig daarin tot die uie glansend is. Voeg die rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die tamaties en aftreksel by en laat stoom met die deksel op tot die rys gaar is (volg die aanwysings op die pakkie vir gaarmaakty­d). Vul die vloeistof aan indien nodig. Wanneer dit gaar is, geur na smaak met sout en peper en roer die nierboontj­ies by. 2 Dan die vark Smeer die vleis met die sout en suiker, speserye, suurlemoen­skil en olyfolie. Verhit ’n riffelpan tot lekker warm en braai die steaks tot deurgaar en goudbruin aan albei kante. Dit behoort nie langer as 8 minute te neem nie, maar hang af van die dikte van jou vleis. Draai om soos jy goed dink. Laat die vleis vir 10 minute rus voor jy dit in happiegroo­t blokkies sny. 3 Nou vir die burrito’s Rooster die tortillas aan albei kante in ’n droë pan om dit sag te maak. Smeer met ’n lepel suurroom en skep dan ’n lepel koolslaai daarop, gevolg deur die rys, tamaties en vleis. Vou die tortilla se kante in en rol dit op met behulp van ’n vel waspapier (draai die punte van die papier soos ’n Kersklappe­r). Herhaal met die res van die bestanddel­e. Sny nou jou burrito met ’n skerp mes in die middel deur – dit vergemakli­k die eet baie. Geniet met guacamole en salsa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa