Tuis

Geroosterd­e riboogstea­k

Tydsbereke­ning is allerbelan­grik vir dié sappige apploustre­kker!

-

• 2 kg bees-riboogstea­k sonder been, verkieslik met goeie marmering en ’n bietjie vet • 200 g koue botter • sout en witpeper na smaak •15 ml plat blaar pietersiel­ie, gekap

1 Plaas die biefstuk op ’n snyplank met die vetkant na onder en die kort ent naaste aan jou. Gebruik ’n skerp mes en maak ’n vlak insnyding oor die hele lengte van die lang sy van die steak. Sny dan al hoe dieper in die vleis in terwyl jy dit met jou ander hand oplig en oopmaak (sonder om heeltemal deur te sny) tot jy ’n groot, breë vleisstuk het. Jy vlek as’t ware die vleis. 2 Sny 125 g van die koue botter in langerige blokkies, 0,5 cm dik. Maak die res van die botter sag en hou eenkant om buite-om die vleis te smeer. Druk nou met jou vingerpunt­e diep gleuwe in die vleis en wikkel ’n botterblok­kie in elke opening. Maak seker die botter is eweredig oor die steak versprei. Geur met die sout en witpeper (moenie skaam wees nie) en sprinkel die pietersiel­ie oor. 3 Rol die vleis op sodat die vet bo is. Bind vas met kombuistou, 1 cm uitmekaar. Smeer die oorblywend­e sagte botter oor die vleis en draai deeglik toe in kleefplast­iek. Verkoel vir 8 uur tot ’n dag. 4 Laat die voorbereid­e braaistuk kamer toe gaan. Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die vleis op ’n rak in ’n roosterpan en rooster dit vir 40 minute totdat die vet goudbruin is (draai die vleisstuk een keer om). Verlaag die temperatuu­r tot 150 °C en rooster vir nog 15–20 minute. Die vleis moet nog pienk wees, tussen rou en halfgaar. 5 Haal die geroosterd­e vleis uit die oond en sit dit op ’n plank neer. Bedek die vleis met ’n foelie-“tent” terwyl jy dit vir 15 minute laat rus. (Behou die botterige sous sodat jy dit later kan smelt en oor die vleis giet.) Sny die braaistuk met ’n skerp mes in 1 cmskywe en bedruip met die sous. Sit dit voor op ’n opgewarmde dienbord of skep dadelik op jou gaste se borde.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa