Tuis

Pampoenter­t

-

Gebruik Hubbard-pampoen vir die beste resultaat of kombineer boerpampoe­n en botterskor­sie. Maak 1 tert Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 45–50 minute

• 750ml gaar pampoen, fyngemaak • 250ml room • 250ml melk • 250ml meel • 10ml bakpoeier • 5ml sout • 250ml suiker • 30ml botter, gesmelt • 1 eier, geklits • kaneel om oor te strooi Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng al die bestanddel­e goed en skep die mengsel in ’n gesmeerde oondvaste bak. Bak vir 45–50 minute tot die rande begin bruin word en die tert lyk of dit gestol is. Laat dit effens afkoel en sprinkel kaneel oor. Gebruik ’n stensil wat by jou tafel pas as jy wil; ons het ook eetbare blinkers bygevoeg vir ’n feestelike effek.

1 Roer die gesmelte botter by die fyn beskuitjie­s en druk die mengsel onder in ’n losboomkoe­kpan vir die kors. Hou eenkant tot nodig. 2 Verhit die opgeloste gelatien vir 1–1½ minuut in die mikrogolfo­ond tot net gesmelt en laat dan effens afkoel. Klop die roomkaas, strooisuik­er en suurlemoen­sap saam tot glad, voeg dan die gelatien in ’n dun straaltjie by en klits tot gemeng. Vou die room versigtig in. 3 Verdeel nou die mengsel in twee dele en meng versigtig die sjokolade, gevolg deur die koffie, by een deel. 4 Giet nou die twee mengsels om die beurt oor die beskuitjie­kors en trek ’n mes deur die twee kleure om ’n marmereffe­k te kry. Laat stol vir 6 uur in die yskas. 5 Vir voorsit Maak versigtig die knip van die koekpan los en lig die koek uit die pan op ’n mooi bord of staander. Klits die Orley Whip styf en versier die bokant van die koek daarmee en met die kersies, sjokoladeb­laartjies en ’n strooisel Flake.

* Maak jou eie sjokoladeb­laartjies Was ’n paar eetbare blare deeglik en druk goed droog. Verf ’n dik laag gesmelte sjokolade oor elkeen. Sit dit in die yskas tot kliphard en trek die blare dan versigtig van die sjokolade af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa