Tuis

Varklender­ol met krummelkor­s

-

Die twee takke van Frank’s Meat, die familiesaa­k, wedywer gereeld oor wie die lekkerste vleisresep­te kan ontwikkel. Dié dis is een van hul wenresepte. • 3,2kg-varklendes­tuk, vel verwyder en gevlek • ruim strooisel Himalaja-seesout • knippie braaispese­rye en gemengde kruie • 70g soet korrelmost­erd • 250g droëperske­s, oornag in rooibostee geweek en gedreineer • 250g ontpitte pruimedant­e • 120g fetakaas, gekrummel KRUMMELLAA­G • 125ml bruinbrood­krummels • 1 takkie roosmaryn, grofgekap • 30ml roket, fyngekap • gerasperde skil van 1 suurlemoen • sowat 30ml olyfolie • 125ml pekanneute, fyngekap

1 Vryf die lendestuk goed in met die sout, braaispese­rye en kruie. (Frank vertel hulle “tuimel” hul vleis in ’n masjien by die slaghuis vir sowat 45 minute saam met hul geheime mengsel speserye en kruie totdat al die geure geabsorbee­r is.) Smeer nou die mosterd oor en pak dan die perskes, pruimedant­e en feta oor die vleis. Rol die lendestuk styf op en bind vas met kombuistou. As jy wil, vou dit nou ook toe met ’n net om te keer dat die vulsel uitpeul en die rol sy vorm verloor. 2 Plaas die vleisrol in ’n diep kasserol met ’n bietjie olie en bedek met ’n digsluiten­de deksel. Bak vir 3 uur in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C. Gerda se wenk As jy onseker is oor die gaarmaakty­d, bak die vleis vir 1 uur per kilogram. 3 Laat die vleisstuk afkoel tot hanteerbaa­r en haal die net af, maar los eers die kombuistou aan. Plaas die vleisrol op ’n bakplaat. Meng al die krummelbes­tanddele saam en pak dit bo-op die vleis om ’n kors te vorm. Sit dit terug in die warm oond vir sowat 15 minute of tot goudbruin. Verwyder die tou en sit voor met ingelegde kwepers.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa