Tuis

Kerriehoen­derslaai

-

“Dié heerlike gereg is my vriendin Adele van Huyssteen s’n en is altyd ’n wenner aangesien dit vooraf gemaak en oornag in die yskas gebêre kan word,” vertel Gerda. • 500–600g hoenderbor­sfilette sonder vel • 250ml appelsap • 2 heel naeltjies • ’n bietjie sout • 1 stuk pypkaneel • 2 ferm mediumgroo­t vesellose mango’s, geskil en in stukke gesny (’n blikkie werk ook) • 1 x 410g-blik ontpitte lietsjies, gedreineer • vars suurlemoen­sap (opsioneel) • blaarslaai of spinasiebl­are • gekapte pekan- of okkerneute, vir garnering • druiwe, vir garnering SLAAISOUS • 30ml olie • 1 mediumgroo­t ui, fyngekap • 15ml kerriepoei­er • 5ml borrie • 125ml behoue hoenderaft­reksel • 125ml mayonnaise • 125ml suurroom of dik Bulgaarse jogurt

1 Posjeer die hoender in die appelsap saam met die naeltjies, sout en kaneel oor matige hitte vir sowat 10 minute of tot net gaar. Laat dit in die aftreksel afkoel en sny dan die hoender teen die draad in dun repe. Syg die aftreksel deur ’n sif en hou eenkant. 2 Vir die slaaisous, verhit die olie in ’n klein kastrol, voeg die ui by en braai tot sag en glansend, maar nie bruin nie. Voeg dan die speserye by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die behoue hoenderaft­reksel by en laat prut sonder ’n deksel tot die mengsel verdik – dit neem nie lank nie. Syg deur ’n sif, gooi die ui weg en roer die gladde sous by die mayonnaise en suurroom of jogurt. 3 Skep die hoender, mango en lietsjies saam met die sous in ’n glasbak en sit dit in die yskas tot benodig. Om voor te sit, proe die hoender en geur met ’n bietjie suurlemoen­sap indien te soet, asook sout en peper. Skep dan bo-op die blaarslaai of vars spinasiebl­are en garneer met die neute en druiwe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa