Tuis

Donker vrugtekoek

-

Gerda vertel: “Die koek is ’n familieres­ep. My ma se sussie, wyle Martie Els, het altyd so ’n vrugtekoek vir elke kind gebak vir Kersfees. Toe sy siek word, het ek die tradisie oorgeneem. Vir ons huishoudin­g bak ek reeds in November twee koeke – een vir bêre en een vir Frank. Hy eet van November af al vrugtekoek!” Genoeg vir 1 groot 23 x 23 x 7cm-koek Bereidings­tyd: 30 minute, plus oornag Baktyd: 3 uur en 50 minute tot 4 uur

• 250g ontpitte rosyne • 250g korente • 250g sultanas • 250g dadels, fyngesny • 250g verglansde sitrusskil • 250g botter, in blokkies • 500ml suiker • 500ml water • 10ml gemengde speserye of pypkaneel • ’n knypie sout • 250g glanskersi­es, middeldeur gesny • 5ml koeksoda, gemeng met 15ml brandewyn • 60ml brandewyn (apart) • 4 ekstragroo­t eiers, goed geklits • 4 effens opgehoopte teelepels bakpoeier • 4 hoogvol koppies meelblom • groenvye, lemoenwiel­e, neute, glanskersi­es en eetbare blomme, vir garnering

1 Spoel die rosyne, korente en sultanas goed af en droog af met ’n doek. Meng dit dan met die dadels, sitrusskil, botter, suiker, water, speserye en sout in ’n kastrollet­jie en kook saam vir 20 minute. Laat goed afkoel, verkieslik oornag. 2 Voeg nou die res van die bestanddel­e in volgorde by en meng baie goed met ’n houtlepel. Die mengsel moet styf wees sodat die vrugte nie afsak nie. 3 Voer ’n koekpan uit met drie lae dik bruinpapie­r, en smeer goed. Giet die beslag in die voorbereid­e pan en maak dig toe met tinfoelie. Bak vir 3 uur en 50 minute tot 4 uur in die middel van die oond teen 140 °C. Wanneer die koek gaar is, laat dit vir 8 uur in die pan staan voordat dit uitgekeer word. Bêre in ’n lugdigte houer en gooi elke naweek tot Kersfees so ’n doppie brandewyn oor as jy tyd het (Gerda gebruik 10 jaar oue KWV-brandewyn). Versier met groenvye (Gerda verkies die Wildebraam­soort) en lemoenwiel­e, neute en glanskersi­es, asook eetbare blommetjie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa