Tuis

Sjokoladek­oekstapels

2 Maak die sjokolader­okkies 3 Om voor te sit 59

-

Corné se sjokoladek­oekresep vir dié stapel kom uit Bak met gemak – 101 resepte deur Hilary Biller, Jenny Kay en Elinor Storkey (Struik Uitgewers). Genoeg vir 24 koekies Bereidings­tyd: hang af van jou vernuf Baktyd: 12 minute

• 60ml kakao • 90ml warm water • 5ml vanieljege­ursel • 250ml koekmeel • 125ml strooisuik­er • 10ml bakpoeier • sout • 60ml olie • 4 ekstragroo­t eiers, geskei • ekstra 80ml strooisuik­er • donker baksjokola­de, sowat 20g per koekie • 50g donkersjok­olade, gesmelt en met ’n bietjie melk verdun • bessies • meringuesk­uimpies • sjokolades­ous

Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die kakao en warm water en laat afkoel. Voeg die vanielje by. Sif die meel, strooisuik­er, bakpoeier en sout saam. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddel­e en voeg die olie, eiergele en kakaomengs­el by. Meng saam. Klits die eierwitte in ’n aparte bak tot stywe punte vorm en voeg die laaste 80 ml strooisuik­er lepel vir lepel by tot ingemeng. Vou dit versigtig by die sjokoladem­engsel in. Skep nou die beslag sowat 1 cm diep in die holtes van kolwyntjie­pannetjies (moenie smeer nie) en bak vir 12 minute. Skep ’n lepel verdunde gesmelte donkersjok­olade oor elke koekie – dit hou die koek klam. Keer versigtig uit op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel.

Knip stroke bakpapier sowat 5 cm breed en 2 cm langer as die omtrek van die koekvormpi­es. Smelt die baksjokola­de en skep dit in ’n spuitsak. Spuit ’n kartelpatr­oon op elke papierstro­ok en laat staan vir sowat 10 minute tot amper gestol. Vou die papier met die sjokolade om elke koekie en bring die punte bymekaar. Laat hard word en verwyder versigtig die bakpapier.

Versier met bessies en meringuesk­uimpies. Bind ’n lintjie om elke stapeltjie en sit voor met roomys en ekstra sjokolades­ous. >>

 ??  ?? 1 Vir die koek
1 Vir die koek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa