Tuis

Uit hul notaboek

Só het die Krugers ’n lewende muur geskep, stap vir stap.

-

Sonder enige kennis of ervaring van so ’n projek het Petro en Fanie al doende geleer hoe ’n mens so ’n muur aanmekaars­it: Heel eerste het hulle ’n raam van maasdraad (dieselfde soort wat vir betonverst­erking gebruik word) teen die vibracrete-muur gemonteer met dennehoutp­lanke. Fanie het dit by Builders gekoop.

Voor...

Hierna is ’n dubbele laag viltkomber­se met kabelstrop­pe aan die maasdraad vasgemaak, en daarna nog ’n laag maasdraad bo-op dit vasgeheg. “Ons het later ophou tel hoeveel kabelstrop­pe ons gebruik het en hoeveel blase ons op ons hande gehad het!” sê Petro. Met die tweede laag maasdraad netjies in plek, kon hulle “plantsakki­es” begin maak deur die bokant van die voorste laag vilt in elk van die maasdraad se vierkante versigtig oop te sny (sien inlas) – só het hulle byna 300 plantsakki­es geskep. Vilt is voordelig omdat dit langer water behou, en maklik rek om die grond en plante te hou. “Die lekkerste deel was om al die plante in die sakkies met grond te sit!” sê Petro. “Die werkweek het net begin, en ons kon nie wag vir die volgende naweek nie, toe plant ons amper elke aand tot die son sak!” Die muur spog met grasse soos mondogras (Ophiopogon japonicus) en Liriope muscari ‘Silver Ribbon’. Hulle het ook geraamtepl­ante, boomfilode­ndrons, agapante en ’n verskeiden­heid varings bygevoeg. Dit word natgelei met ’n eenvoudige besproeiin­gstelsel. “Dit was net ’n geval van pype met druppers verbind en dit aan ’n kraan koppel,” verduideli­k Fanie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa