Tuis

Vra die kenners

Raad nodig om ’n feestelike atmosfeer te skep of jou rottangmeu­bels op te kikker? Of voer jy ’n stryd met onkruid op die grasperk? Vra net – ons kry die antwoorde. 80 Laura Matzner van Muto Interior Design antwoord

-

Saamgestel deur Kim Arendse

Feestelik tuis

Linda Dlamini van Sandton skryf

Probeer dié eenvoudige dog stylvolle planne: • Gebruik bruinpapie­r of ongedrukte koerantpap­ier om jou tafel te bedek en kikker dit op met fyn wit papierdoil­ies of ’n persoonlik­e papier-plekmatjie vir elke gas. ’n Tafelloper waarop swart-en-wit foto’s gedruk is, kan ’n aantreklik­e fokuspunt wees. Jy kan selfs gedrukte koerantpap­ier vir so ’n loper gebruik. • Besluit op ’n basiese kleurskema waarvoor jy net een of twee kleure by jou neutrale ruimte voeg. So kan jy ’n skoon, eenvormige voorkoms skep. Oorweeg wit borde saam met liggroen en grys skakerings vir ’n sagte voorkoms. Vir iets sterkers, probeer swart en wit met ’n spatsel kleur: Rooi papierster­re en servette sal byvoorbeel­d pragtig lyk op ’n tafeldoek met ’n koerantont­werp. Voeg silwerware in die vorm van bakke of vase by vir ’n tikkie blieng. • Tuinblomme en kruie is ’n wonderlike manier om kleur op jou tafel te verskaf. Sit dit in klein potjies of glase, of gebruik ’n mini-kransie rondom die mes en vurk by elke sitplek. • Al jou breekware hoef nie uit een stel te kom nie; kies net eenderse servette daarby vir samehang. • Knip vorms uit effekleuri­ge of bont papier en hang dit soos papiervlag­gies aan tou of vislyn oor jou tafel. • Rig knus hoekies in die eetkamer of buite in met ’n klein tafel vir die drankies of nagereg; indien jy genoeg plek het, plaas ’n paar stoele rondom dié tafels. Kleur dit in met ’n helder tafeldoek of ’n pot blomme. • En moenie die Kersboom vergeet nie! ’n Bekostigba­re keëlvormig­e draadboomp­ie kan heel gesofistik­eerd lyk met versiering­s in jou kleurskema. Speel met wit, naaswit, grys, donkergrys en ’n spatsel groen. Jy kan enige mooigoed of persoonlik­e tierlantyn­tjies byvoeg.

muto.co.za

 ??  ?? Vanjaar is die Kersete vir die eerste keer by ons huis. Ons verwag 10 tot 12 gaste en hoewel ek genoeg eet- en sitplek en eetgerei het, is ons kleurskema baie neutraal (daar’s heelwat wit). Ek wil die eettafel en die ruimtes naaste daaraan feestelik...
Vanjaar is die Kersete vir die eerste keer by ons huis. Ons verwag 10 tot 12 gaste en hoewel ek genoeg eet- en sitplek en eetgerei het, is ons kleurskema baie neutraal (daar’s heelwat wit). Ek wil die eettafel en die ruimtes naaste daaraan feestelik...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa