Tuis

Oulike geskenke

-

Deur die blare

Gizmo is klein genoeg om sy lyf boomversie­ring te hou! – Ilsa Adlem, Stellenbos­ch

Die beste man vir die taak

Sochi deel graag geskenke met die kinders. – Karoline Watson, Durbanvill­e

Al is jou benadering tot die blawwery prysenswaa­rdig, is dit heeltemal moontlik dat jou hond inderdaad geleer het hy word beloon vir sy geblaf. Die heel beste sal wees as jy ’n afspraak met ’n gekwalifis­eerde dieregedra­gskenner kan maak omdat ’n verskeiden­heid faktore ’n invloed kan hê. Hou die volgende punte in gedagte: • Oorweeg ’n alternatie­f wat lekkerder is as om by die hek te gaan blaf, soos interessan­te speel- of kougoed. • Meer fisieke aktiwiteit­e sal hom moeg maak; gereelde stappies kan dus ook help. • Die geheim is nie om hom te keer wanneer hy reeds begin blaf het nie, maar om sy aandag op iets anders te vestig vóór hy begin blaf. • Daarmee saam moet jy die stimulus vir die blawwery probeer bepaal en iets daaromtren­t doen – as dit visuele stimuli is wat hom laat blaf, moet jy sy uitsig probeer versper. In sommige gevalle is dit weer beter om hom meer te laat sien wat buite aangaan – hou hom fyn dop en probeer bepaal wat dit is wat hom motiveer om te blaf en onder watter omstandigh­ede hy stil is. • Dan is dit ook moontlik dat hy ’n oorimpulsi­ewe hond is, en daarvoor kan medikasie help. • Vermy enige vorm van straf, aangesien dit nie die oorsaak van die probleem aanroer nie en meer geneig is om die probleem te vererger. KONTAK sava.co.za Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn, wen ’n ekstragroo­t Lazy Lounger vir honde of ’n middelslag-Cupcake-bed vir katte van Wagworld (wagworld.co.za). Die skuim-binnekant maak die Lazy Lounger perfek vir ’n heerlike middagslap­ie of nagrus, terwyl die Cupcake-bed, met snoesige kunspels aan die een kant en koel katoen aan die ander kant, geskik is vir alle seisoene. Albei is by veearts- en troeteldie­rwinkels te kry. Stuur jou foto’s (minstens 2MB elk) en kontakbeso­nderhede na Sien ons kompetisie­reëls op bladsy 129.

 ??  ?? Bederf jou dieremaat elke maand met ’n Happy Tails-boks vol bederfies soos snoep-, speel- en kougoed (vanaf R399, happytails­box.co.za).
Bederf jou dieremaat elke maand met ’n Happy Tails-boks vol bederfies soos snoep-, speel- en kougoed (vanaf R399, happytails­box.co.za).
 ??  ?? troeteldie­re@tuis.co.za.
troeteldie­re@tuis.co.za.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa