Tuis

Sy boer met krismisros­e

Mary Spies kweek krismisros­e met koppe so groot soos eetborde. Jy kan ook!

- Deur Marié Esterhuyse • Foto

MFrancois Oberholste­r et 3 000 krismisros­e is dit ’n belewenis om Mary Spies op die plaas Stormsvlei te besoek. En sy ken haar storie as dit by dié plante kom. Mary kweek al sedert 1990 krismisros­e. “Nadat ek as haarkapper afgetree het, het my oorlede man, Willem, as boer die potensiaal van die krismisros­e wat in ons tuin gefloreer het, raakgesien, en voorgestel ons brei dit uit. Hy het my toe gehelp om die skadunetst­ellasie waaronder dit hier op ons werf groei, op te rig. Ek het elke steggie self gemaak om seker te wees ek kry die variëteite wat ek graag wou hê. Dit is hoekom ek so goed weet dat ek 3 000 plante het,” gesels sy.

Die boerdery is grootliks organies, en Mary gebruik kraalmis as bemesting. Dié kry sy by die skaap-en-beesboerde­ry van haar tweelingse­uns, Werner en Dieter.

Verder help ’n kolonie erdwurms om die grond vrugbaar te hou. Sy laat gereeld die grond ontleed by ’n landboukun­dige op Swellendam om seker te maak dit het genoeg voedingswa­arde vir haar plante. Al waarvoor sy moet spuit, is rooispinne­kop en swamme, omdat die plante so na aan mekaar groei.

Op Stormsvlei pluk en verpak Mary en haar span van ses vroue elke jaar tot 15 000 vars en gepreserve­erde krismisros­e. Hulle pluk die vars blomme van middel Januarie tot einde Junie. “Ons seisoen is so lank omdat ons so gereeld pluk en die plante onder skadunet staan,” verduideli­k sy.

Buiten vars blomme aan bloemiste, verskaf Mary ook gepreserve­erde blomme wat sy kleur aan uitvoerder­s. Haar skoondogte­r, Jacobie, gebruik die afvalblomm­etjies vir konfetti.

“Jacobie se konfetti is baie gewild onder bruide, want omdat dit gedroog is, kan dit lank voor die troudatum gekoop en gebêre word, reg vir die groot dag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa