Tuis

Take vir Desember

110

- Foto’s

Feestelike kleur

As jy hou van tradisione­le rooi vir die feestyd, is rooi beddingbeg­onias ’n goeie keuse vir areas met gedeelteli­ke skadu, so ook fuchsias met hul rooi en wit klokvormig­e blomme. Versier jou patio met rooi Mandevilla en potte vol rooi miniatuurr­ose, Barbertons­e madeliefie­s en anthuriums.

Verhelder dele rondom die swembad, kuierplek en stoep met ’n kombinasie van kleurryke potte vol blommende jaarplante (maagdeblom­me, afrikaners, Nicotiana, jakobregop­s, ysterkruid) en meerjarige­s (Alstroemer­ia, agapante, malvas) wat nou in tuinsentru­ms beskikbaar is.

Kleursakke (plante in volle blom by die kwekery) werk goed saam met gevestigde plante in ’n randakker. Nog ’n voordeel van kleursakke tussen permanente aanplantin­gs is dat jy dadelik kan visualisee­r hoe jy in die toekoms wil plant en mooi kan sien of die kleur en vorm van die plante by hul metgeselle pas. Bestee minder tyd aan tuinwerk: Gooi deklae om water te bespaar, vul kaal kolle met jaarplante in potte en groepeer plante met soortgelyk­e water- en skadubehoe­ftes saam. Wêreldgron­ddag op 5 Desember plaas die fokus op goeie grond in jou tuin – grond ryk aan organiese materiaal, natuurlike minerale, mikrobiese aktiwiteit en erdwurms. Is joune reg?

Skadu vir die somer

As jou tuin in die somer baie son kry (en jy genoeg plek het), oorweeg ’n gazebo. Jy kan dit enige plek met ’n mooi uitsig staanmaak.

Gazebo-style wissel van stewige dekrietstr­ukture tot gietysters­keppings met delikate broekieska­nt, en jy kan dit as fokuspunt en kuierplek in die tuin gebruik, of in ’n beskutte hoekie sit waar jy in afsonderin­g kan lees, skets en stiltetyd hou. Gewilde vorms is rond, vierkantig, ses- of agthoekig – die keuse is joune.

Nog ’n opsie is ’n prieel. Dit bied beskerming teen die somerson en verskaf ’n kalmerende skadukol waar die besige tuinier kan rus. Gegeurde rankplante soos Chinese jasmyn (Jasminum polyanthum), perskransi­e (Petrea volubilis) en bloureën (Wisteria sinensis) is almal goeie rankers vir ’n prieel.

 ??  ?? Malva Wenk van die maand
Malva Wenk van die maand
 ??  ?? Begonia Bloureën Gazebo
Begonia Bloureën Gazebo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa