Tuis

Doendinge dié maand

-

’n Skemertuin

In warm weer is die tuin ’n heerlike plek om te ontspan nadat die hitte van die dag ’n bietjie bedaar het. ’n Skemertuin hoef nie groot te wees nie. Dit kan deel vorm van die hooftuin of naby ’n patio of swembad wees met goed beligte paadjies gebou met ligte plaveisten­e.

Wanneer die son sak, sal wit agapante, heuningblo­mmetjies, varkore, Galtonia, krismisros­e, Hydrangea quercifoli­a met sy leeragtige blare, impatiëns, kantblom (Ammi majus), petunia, tabakblom (Nicotiana alata), Nicotiana sylvestris, Pandorea jasminoide­s ‘Lady Di’, trots-van-Indië, shastamade­liefies en viburnum heelwat langer as blomme in ander kleure sigbaar bly.

Die fyn wit spreidende blomme van die Mystacidiu­m capense, witkatjiep­iering (Gardenia thunbergii ), rypsensiti­ewe Stephanoti­s floribunda en sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s) verleen ook geur aan ’n skemertuin. • Knyp gereeld dooie blomknoppe af om meer blomvormin­g aan te moedig. Kyk terselfder­tyd watter blomme beter vaar op warm dae. • Kies inheemse, hittebesta­nde plante vir die winterreën­streek se warm, droë somers; hulle sal die strawwe toestande die beste hanteer. Gooi ’n dik deklaag van growwe kompos of basstukkie­s om vog in die grond te help behou en te verhoed dat die wind jou tuin se bogrond wegwaai. • Terwyl dit in die somerreëns­treek warm en droog is, maak een keer per week goed nat, pleks van net bolangs elke dag. Groot grasperke is arbeidsint­ensief en vra baie water; vervang dit liewer met grondbedek­kers, plaveisten­e of gruis. • Keer dat jou blaarslaai uitloop deur tydelike skadunet oor die bedding te plaas. Plant ’n paar saailinge op ’n slag, hou die grond klam en oes terwyl die blare jonk en sappig is. Variëteite soos ‘Great Lakes’ en ‘Butterhead’ vaar goed in die somerhitte. • Kyk uit vir geel-en-swart ruspes wat in die blare en blomme van nerinas, clivias en Amaryllis boor. Spuit met Margaret Roberts-ruspedoder. • Snoei poinsettia­s en krisante terug om bosagtige groei en meer blomvormin­g aan te moedig. Krismisros­e blom nou in oorvloed en moet goed natgemaak word en ’n goeie deklaag kry; spuit ook die loof op warm dae met ’n newelspuit. • Maak vrugtebome een keer per week deeglik nat. Spuit teen vrugtevlie­ë en tel vrugte wat geval het, op; dit kan vol vrugtevlie­g-larwes wees. Takke moet stewig vasgesteek wees om teen windskade beskerm te word. >>

 ??  ?? Agapant Kantblom Heuningblo­mmetjies Varkoor
Agapant Kantblom Heuningblo­mmetjies Varkoor
 ??  ?? Kyk uit vir ruspes wat in jou clivias boor.
Kyk uit vir ruspes wat in jou clivias boor.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa