Tuis

Krui van die maand

-

Stevia (Stevia rebaudiana) Kweek dit so Dié digte, bosagtige struik (60 cm hoog en 40 cm wyd) groei in volson, maar in baie warm gebiede vaar dit beter in oggendson. Dit verkies grond wat goed gekomposte­er is en wat goed dreineer. Dit aard ook goed in groot potte. Hou twee tot drie plante aan vir ’n jaar se voorraad van droë blare. Wenk van die maand Pluk die blare wanneer die plant blom of blomknoppe vorm; dis dan op sy soetste. Het jy geweet? Stevia is afkomstig van Paraguay en word al jare lank gebruik om diabetes-lyers onder die inheemse inwoners van Paraguay en Brasilië te behandel. Algemene probleme Die soetheid sal wissel na gelang van die toestande waarin die plant groei en wanneer die blare geoes word. Gebruike Dis ’n wonderlike alternatie­f vir suiker en kunsmatige versoeters vir diabetes-lyers. Dit kan in warm of koue drankies, nagereg met vrugte, slaaisouse, jogurt en die meeste romerige nageregte gebruik word. Droog die blare, maal tot ’n poeier en bêre in ’n lugdigte houer. Een teelepel gedroogde stevia is gelyk aan een koppie suiker. Maak ’n tee deur kookwater oor vars blare te giet en vir 5 minute te laat trek. Voeg kruisement, ’n teesakkie of koffie by vir ekstra geur. Kou aan ’n stevia-blaar om ’n hunkering na sjokolade of koek te verlig. Dit het ook dieselfde uitwerking teen tabak en alkohol. KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

Stevia-blare is ’n natuurlike plaasverva­nger vir suiker; dis blykbaar 300 keer so soet soos suiker met so te sê geen kalorieë of cholestero­l nie.

Glas-planthange­rs R300, mrphome.com Geweefde lantern R500, mrphome.com •

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa