Tuis

Ludwig se

Die rooskenner Ludwig Taschner wys jou hoe om die mooiste rose in die vakansiety­d te hê en water te bespaar.

-

Besoek ludwigsros­es.co.za en stuur vrae na tuine@tuis.co.za. V: Hoe kan ek verseker dat my rose in volle blom vir Kersfees sal wees?

Jou rose sal vroeg in Desember met hul tweede blomvlaag spog. Vingersnoe­i of knyp die nuwe rooi lote aan die begin van die maand uit om die blomtyd van party knoppe uit te stel. Anders kan jy nuwe lote met drie of vier blare wat laer af op die steel uitloop, identifise­er en tot daar terugsnoei. Die roos sal dan al sy groeikrag in dié lote stort en jy sal teen Kersfees mooi blomme hê. Maak deurentyd goed nat om goeie groei en lang stele te verseker. Kyk na die video waarin Ludwig sy vingersnoe­itegnieke demonstree­r by tuis.co.za.

Vuisgroot klippe is wonderlik. Wortels groei daarrondom op soek na water en laat lug by die grond in. Werk waterhoude­nde organiese materiaal soos veenmos of klapperhaa­r, grondboont­jiedoppe, vermikulie­t of selfs waterhoude­nde korrels in by sanderige beddings. Kleigrond sal baat by nie-ontbindend­e materiaal soos fyn appelkoosp­itte, growwe antrasiet-as, klippies, perliet of stukkies polistiree­n. soos die CMR-kewer wat blomme vreet en vrugtekewe­rs, asook die bruin kersfeeske­wer wat gate in die blare vreet. Hou aan om knoppe uit te breek en ou blomknoppe af te sny. Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak drie keer per week nat, tensy daar goeie reën val. Spuit met Chronos en Ludwig’s Insect Spray teen swartvlek en plae soos blaaspootj­ie, plantluise en bolwurm. Hou aan om knoppe uit te breek en ou blomknoppe af te sny.

 ??  ?? ‘Sue Gush’ V: Ek het twee pragtige nuwe ‘Sue Gush’-rose gekoop, maar die grond in my tuin is vol klippe – party tot vuisgroott­e. Moet ek dit verwyder as deel van my grondvoorb­ereiding?
‘Sue Gush’ V: Ek het twee pragtige nuwe ‘Sue Gush’-rose gekoop, maar die grond in my tuin is vol klippe – party tot vuisgroott­e. Moet ek dit verwyder as deel van my grondvoorb­ereiding?
 ??  ?? Somerrose op hul mooiste.
Somerrose op hul mooiste.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa