Tuis

Hoe gereeld moet jy jou rose water gee?

-

Mense vra gereeld hoe dikwels hulle hul rose moet natmaak. Dit hang als af van die soort grond, die temperatuu­r en die hoeveelhei­d son en skaduwee wat die rose kry. Dit klink ingewikkel­d, maar dis eintlik eenvoudig. Hier is ’n paar riglyne:

Neem die weer in ag. Wanneer dit warmer word as 35 °C maak jy elke dag nat, tussen 28 °C en 35 °C elke tweede dag, en tussen 22 °C en 27 °C twee keer per week. Waar dit nóg koeler is, is net een keer per week genoeg. In die algemeen is 30 tot 40 minute se besproeiin­g genoeg om die wortels te bereik.

Besproeiin­gstelsels wat daagliks aangaan, moenie minder as 15 minute spuit nie, anders gaan die water nie die grond onder die oppervlak bereik nie. Onthou, 15 mm reën is gelykstaan­de aan een goeie natmaak. Minder reën beteken jy moet steeds natmaak. Kies die stelsel wat die beste in jou tuin werk – gewone, oorhoofse of drupbespro­eiing – solank die wortels genoeg water kry. Gaan jou stelsel gereeld na vir verstopte sproeipunt­e en om seker te maak die water bereik die wortels. Wees bedag op droë kolle al langs die besproeiin­gslyn.

Die doeltreffe­ndste tyd is vroegoggen­d of laatmiddag (minder verdamping, meer absorpsie), en die blare sal gedurende die warm somernagte droog word, wat die gevaar van swamsiekte­s verlaag. Op uiters warm dae sal rose ’n oorhoofse natmaak waardeer om die omgewing en blare af te koel.

Krap een keer per maand die grond se bolaag weg om te sien hoe diep die water die grond ná ’n natmaak deurdring het. Só sal jy weet as jy iets moet aanpas.

Die belangriks­te is dat die toestand van jou grond waterabsor­psie toelaat. Gekompakte­erde grond of water wat by skuins hellings afloop, is die grootste twee redes hoekom die grond water nie dadelik absorbeer nie. Maak gekompakte­erde grond los deur organiese materiaal in te werk (sien vraag links). As jy rose teen ’n helling het, plaas ’n betonring om die plant of bou die grond aan die lae kant op om te keer dat die water wegloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa