Tuis

Die meisie van langsaan

Ons kosskrywer, Karen Dudley van The Kitchen in Woodstock, dink na oor die Kersfeeste wat sy al saam met geliefdes deurgebrin­g het.

- Stilering Foto’s

Ons kom van heinde en ver vir Kersfees; kuier rondom tafels in sandale en kortbroeke – want dis warm!

Op Oukersaand eet ons by my ouers, Ruth en Bernard, my broer en sy gesin. Oor die jare het die ete al van die een gesinshuis na die ander geskuif, maar vertrooste­nd genoeg bly die formule dieselfde: klappers en papierlint­e, bekende Kersliedji­es op stokou vinielplat­e, gewoonlik ’n kort voorlesing van die Kersverhaa­l – en almal wat my ma soebat om nie so in die kombuis te kloek nie en saam met ons om die tafel te kom kuier. Waar my familie is, daar voel ek tuis!

Die afgelope 15 jaar bring ek Kersdag deur in Zeekoevlei op die punt van die Kaapse skiereilan­d. Ja, die einste huis waar ek daardie braaiaarta­ppels leer ken het! Langs die water waar daar altyd ’n kalm, ontspanne atmosfeer heers.

In die laat negentiger­jare was ek die meisie van langsaan – en nooit sou ek kon dink dat ek my lewe (en Kersetes) met my Zeekoevlei-bure sou deel nie! Ek onthou hoe ek altyd met David (nou my man) se ma op die grasperk gesels het (dié mense by die water is mos nie veel gepla van ’n heining nie).

Hulle was die proefkonyn­e vir my muffinrese­pte en David was toe nog net ’n vriend. Dis dan seker te verstane waarom ek ’n sagte plekkie het vir Zeekoevlei; dis waar my man idillies grootgewor­d het, geleer seil of tussen die riete gespeel het; waar ek ’n jaar of twee my eie huisie langs die water, hangmat op die stoep, geniet het. Ek het nooit kon dink ek sou eendag op ’n soel somerdag rondom ’n Kerstafel saam met my rustige familie kuier terwyl ’n pelikaan in die agtergrond verbyswem, onbewus van ons Kersvreugd­e, nie.

Hier, in ons familie-binnekring, neem ons die jaar in oënskou. Daar’s heelparty hoogtepunt­e om te vier. Hier en daar die swaar gevoel van verlies, veral as jy die leë sitplekke sien van dié wat nie meer met ons is nie.

Ons kyk terug na al die pluspunte: ons het vasgebyt, ons het vreugde in eenvoudige dinge gevind, nuwe vriende gemaak en uit ons foute geleer. Ons vier saam ons kinders se suksesse en prys onsself as ons ’n bietjie nader aan ons eie doelwitte gekom het.

Ons is dankbaar dat daar nog werk en avonture voorlê, en dat alles moontlik is – solank ons haat en vrees die hoof kan bied.

Kersfees gaan oor nostalgie. Dit voel of elke geur en tradisie jare se patina met hom saamdra. Geure wat bepaalde herinnerin­ge oproep: Kalkoen met bosbessies­ous, vleissous, ertjies en braaiaarta­ppels ... die jaar toe die tweejarige Ben al die gemmerbroo­d-versiering­s aan die Kersboom se onderste takke verorber het ... die jaar toe oupa Noel die kalkoen gekerf het met die mes wat ek hom present gegee het ... die jaar toe die hondjies my splinternu­we tekkies flenters gebyt het ... die liedjies wat ons sing ... my ma se brandewynb­otter wat als lekkerder laat smaak ... effens motgevrete Kerskouse ...

Een ding is seker: Ons wil fokus op wat belangrik is en minder tyd bestee aan bysake. En ons hoef ons nie deur Europese tradisies te laat lei nie. My spyskaart vir dié Kersfees is perfek vir ’n rustige Suid-Afrikaanse kuier. Jy kan die meeste kos vooraf maak en net voorsit, wat beteken jy kan meer kuiertyd met jou geliefdes deurbring.

Salm klink dalk na ’n luukse, maar dis gepas vir ’n viering. Dis ook ryk, so jy hoef nie groot porsies te eet nie; dit lyk soos ’n fees en jy kan dit by kamertempe­ratuur voorsit. Perfek!

email@karendudle­y.co.za

 ??  ?? Author of A Week in The Kitchen en Another Week in The Kitchen; besoek karendudle­y.co.za.
Author of A Week in The Kitchen en Another Week in The Kitchen; besoek karendudle­y.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa