Tuis

’n Salige binne-buite-leefstyl in ’n kompakte ruimte op Suurbraak

Dié kompakte toevlug op Suurbraak is weggesteek tussen die bome waar die eienaars deel voel van die natuur.

-

Bridget Impey en Maggie Davey het jare lank een besige stad (Johannesbu­rg) vir ’n ander (Kaapstad) verruil wanneer hulle met vakansie gegaan het. Maar waarna hulle eintlik gesmag het, was ’n ware wegbreek; toe besluit hulle om die vakansiehu­is van hul drome te bou – ’n afgesonder­de huisie onafhankli­k van die kragnetwer­k buite Suurbraak.

“Hier kweek gesinne nog hul eie groente, jong mans ry hul perde bloots deur die dorp en almal swem saam in die Buffeljags­rivier,” sê Bridget.

Die paartjie het die 1 800 m²-erf in 2004 gekoop. Dis omring deur ’n boekenhout­woud en sowat 3 km buite die middedorp.

“Die omgewing was vir ons wild en idillies, en die eiendom was bekostigba­ar,” onthou Bridget. “Maar vir jare nadat ons die erf gekoop het, het ons net af en toe kom kuier en meestal net die terrein skoongemaa­k.”

Maar dit alles het verander ná ’n vakansie in 2013 in Kambodja. “Ek en Maggie het deur die oerwoud gereis en gesien hoe wonderlik dit is om eenvoudig te leef. Die huise met die hangmatte op die dek, wat tipies is van die streek, was vir ons pragtig,” verduideli­k Bridget.

Met hul terugkoms in Suid-Afrika het hulle begin beplan presies waar die dek op hul eiendom sou staan; dis daardie selfde jaar nog gebou. “Vir Kersfees 2014 het ek, Maggie, my dogter, skoonseun en twee kleinkinde­rs almal op die dek gekamp – en dit was die heerlikste vakansie!”

Gedurende 2015 het Bridget en Maggie met die kenners by 26’10 South Architects saamgewerk aan ’n plan vir hul houthuisie; baie daarvan is op die einste dek uitgedink.

Hul huis is dieselfde jaar voltooi en daardie Kersfees kon hulle hul nuwe blyplek die eerste keer benut. Pure genot!

Hart en siel

Bridget en Maggie wou ’n beskeie blyplekkie hê sonder dat dit beknop voel. “Ons wou omring wees met prettige, gemaklike items wat lank hou,” sê Bridget.

Albei is uitgewers by Jacana Media, en hul betrokkenh­eid by boeke het ’n rol gespeel in die beplanning van die huis. “Dit het beslis ’n invloed op die manier hoe ons na die wêreld kyk,” verduideli­k Bridget.

Trouens, hulle het die boek Contempora­ry South African Architectu­re in a Landscape of Transition, saamgestel deur Henning Rasmuss, Thorsten Deckler en sy vrou, Anne Graupner, saam uitgegee.

“Hulle was dus die eerste mense by wie ons gaan kers opsteek het toe ons begin dink aan bou,” sê Bridget. “Dit was so ’n aangename proses om saam met hulle te sit en beplan aan ’n huis wat in al ons behoeftes voorsien: ’n enkele slaapkamer bo met ’n uitsig wat ons laat voel of ons hoër as die boomtoppe is, ’n werkspasie, naatlose vloei tussen binne en buite, lekker kookplek en oorgenoeg slim bêreplek wat nie te veel ruimte in beslag neem nie.”

Daar is beslis geen gebrek aan slim planne vir bêreplek in dié huis nie; elke sentimeter word doeltreffe­nd benut sodat die ruimte nie beknop voel nie. Alles het sy plek en kan weggepak word in verskeie hoekies en gaatjies, insluitend onder die dek. “Ons het selfs van die vensterban­ke laat uithaal sodat ons nie in die versoeking kom om goed daar staan te maak nie!” sê Bridget laggend.

“Ons is net dol oor die eenvoud en ruim gevoel,” voeg sy by. “Dis ons rustige toevlug waar skape, bokke, beeste en ystervarke vry rondloop; waar ons ’n pragtige uitsig op die Langeberg het; waar ons water uit die berge kom en die elektrisit­eit van die son.

Ons is mal oor die gevoel van buite en binne wat soos een voel. – Bridget

 ?? Deur Kim Arendse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Jana-Marie Koen ?? Die klein 87 m2-huisie se enigste slaapkamer is in die solderruim­te en het ’n pragtige uitsig op die omringende bos. Oop rakke bied pakplek en staanskink­borde word as bedkassies ingespan. Die muurgemont­eerde leeslampe is funksionee­l sonder om te veel...
Deur Kim Arendse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Jana-Marie Koen Die klein 87 m2-huisie se enigste slaapkamer is in die solderruim­te en het ’n pragtige uitsig op die omringende bos. Oop rakke bied pakplek en staanskink­borde word as bedkassies ingespan. Die muurgemont­eerde leeslampe is funksionee­l sonder om te veel...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa