Tuis

Lesertuin ’n Welige paradys op Heidelberg, Wes-Kaap

In dié karaktervo­lle tuin gedy ’n groot verskeiden­heid plante onder die hand van ’n kreatiewe tuinier.

- Deur Elna van der Merwe • Foto’s Francois Oberholste­r

Vet erdwurms is Sally Pretorius se grootste sukses. “Toe ek my tuin begin het, was daar dele waar nie eens ’n enkele erdwurm was nie. Vandag is hulle so groot dat ek mooi moet kyk of dit nie dalk klein slangetjie­s is nie!”

Dit het Sally vyf jaar gekos om haar tuin op Heidelberg in die Wes-Kaap gevestig te kry, maar vandag kom die dorpsmense graag hierheen om trou- en matriekafs­keidfoto’s te neem.

“Vandat ek kan onthou het my ma, Monica van Eck, ’n pragtige tuin gehad waarin sy self gewerk het. Sy was lief vir mooi klippe en plante en elkeen van ons drie kinders het ’n deeltjie in haar tuin gehad waar ons ons eie ding kon doen.

“Ek kan nie onthou dat ons ooit na ’n kwekery toe is nie, want my ma het alles van steggies gekweek of vriende en familie het plante uit hul tuine aangedra.”

Terwyl Sally voorheen in Pretoria gewoon het, het sy ’n landskapon­twerpkursu­s gevolg en saam met haar medestuden­te tuindae en -skoue bygewoon vir inspirasie.

Deesdae kry sy ook idees op Pinterest. “En by my gunsteling-ontwerper, die Britse tuinier Alan Titchmarsh,” voeg sy by. “Ek sal graag eendag wil gaan kyk na die tuin wat hy in sy boek My Secret Garden beskryf. Ja, en as ek eendag groot is, sal ek ook die Chelsea-blomskou in Londen wil besoek. Dalk loop ek hom daar raak!”

Sally sê sy het deur die jare geleer dat daar geen hartseer is wat nie genees kan word deur tyd met jou vingers in die grond nie. “My liefde vir tuinmaak is dieper gewortel as net mooi plante in ’n mooi ontwerp; dis vir my ’n spirituele band met my Skepper.” >> ’n Lieflike ou eikeboom staan onder in die agtertuin. Die boog (oorkant) het Sally van paaltjiehe­inings gemaak. “Ek vrek oor ou hekkies soos dié en koop elkeen wat ek sien,” sê sy. Die hoë heining is ’n Syzygium.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa