Tuis

Vra die kenners 82 Vra vir JJ 83 Ougoed of hougoed 84 Troeteldie­re

Soek jy raad om jou lapa op te kikker? Wil jy ’n spieëlraam verf of speldekuss­ings oorplant? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Kim Arendse

’n Gesellige ruimte Tessa Smith van Winburg skryf

Ons ou lapa het ’n bêreplek geword en ek wil dit graag weer gebruik vir onthaal, veral omdat dit wonderlik koel in die somer is. Ek wil ’n moderne voorkoms met ’n tikkie vintage-styl hê; ek wil ook die mure verf, maar is nie seker watter kleur nie. Die vloer is lelik en ek weet nie of ek dit moet teël of verf nie. Winburg het ook baie ongeteerde strate, so ons sukkel verskrikli­k met stof – ons moes selfs ons swembad bedek! Ek sou enige praktiese, bekostigba­re raad waardeer; ek wil so graag ’n gesellige kuierarea skep.

Isabel Barends van Love Lemon Interiors en Liza Louw van Paint Effects antwoord Die eerste stap is om ontslae te raak van alles wat nie tot die ruimte se atmosfeer of doel bydra nie. Indien jy kan, bou die lapa toe met stapeldeur­e en vensters. Dit sal genoeg lig inlaat en die stof uithou sodat julle dit winter en somer kan gebruik.

Verf dit mooi

• Vir ’n moderne baadjie kan jy die stene toepleiste­r en in een van die volgende skakerings verf: Dulux Sultana Spice 3 (’n sanderige ligbruin) sal die lapa ’n neutrale voorkoms gee. Gebruik helder kleure in jou bykomstigh­ede om die area op te kikker. As jy ’n bietjie meer wil waag, oorweeg Plascon Tibetan Cloak (’n trendy donkergrys). Gebruik lanterns, kerse en sandkleuri­ge meubels vir kontras teen die grys agtergrond. • Jy kan ook net die bakstene verf: Maak dit deeglik skoon en wend ’n universele onderlaag aan, gevolg deur ’n laag Plascon Wall & All in ’n neutrale kleur soortgelyk aan die opsies hierbo. Oorweeg ook om die plafonbalk­e te verf, wat die lapa ruimer sal laat voel en pragtig teen die strooidak sal lyk. • Dis goedkoper om die vloer te verf as om teëls te lê; kies ’n warm sandkleur of skakering van grys.

Vir die dekor

• Verdeel die lapa in twee dele met ’n eetkamerta­fel en -stoele aan een kant en ’n koffietafe­l met rusbanke naby die vuur aan die ander kant. Anker dié deel met ’n groot vintage-mat, of oorweeg ’n wasbare buitemat van Hertex. • Bring kleur in met kussings in die vintagesty­l op die banke en ’n treffende tafeldoek of -loper. Stoffeer die eetkamerst­oele se sitplekke ook met vintage-lap. • Hang ’n oorgroot gietyster-kandelaber in die middel van die vertrek, of hang lanterns met feetjielig­te uit die dak. • Vetplante in kleurvolle potte sal die area ’n tikkie aardse styl gee.

 ??  ?? Ons is dol oor Thys en Colette du Plessis se lapa in Bloemfonte­in (bo en oorkant) wat in Tuis Werf 2015 verskyn het. Hulle het die ruimte met groot sukses in verskillen­de funksionel­e sones verdeel.
Ons is dol oor Thys en Colette du Plessis se lapa in Bloemfonte­in (bo en oorkant) wat in Tuis Werf 2015 verskyn het. Hulle het die ruimte met groot sukses in verskillen­de funksionel­e sones verdeel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Liza
Liza
 ??  ?? Isabel
Isabel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa