Tuis

Langpadkos! Heerlike happies vir ’n piekniek of padreis

Pak dié lekkernye in vir padkos of ’n piekniek!

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r

Mediterree­nse tortillas

Onder R85 • Genoeg vir 32 wiele • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 5 minute Dit kan moeilik wees om tortillas vir inpakkos so te rol dat dit nie gaan mors nie. Dié manier met stokkies omseil die probleem.

Rooster 8 tortillas een-een liggies aan albei kante in ’n droë pan – dit maak dit makliker om te hanteer en verbeter die smaak. Smeer ’n dik laag soetrissie-hoemoes, roomkaas of pesto op. Volg nou met 3 skyfies ham, dungesnyde komkommer, kaas en ’n strooisel roket. Rol styf op, steek op vier plekke vas met stokkies en sny in wiele.

Pastaslaai met chorizo

Onder R120 • Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd: 30 minute • Gaarmaakty­d: 15 minute

• 300g pennepasta • 30ml olyfolie • 2 (sowat 350g) chorizowor­sies, gekap • 1 soetrissie, gekap • 4 selderyvin­gers, gekap • 1 brandrissi­e, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 200 g kersietama­ties, gehalveer • 200 g olywe, ontpit • 125 ml gekoopte tamatie-pastasous • 30 ml platblaarp­ietersieli­e, gekap

1 Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking tot al dente.

2 Verhit die olie en braai die chorizo tot goudbruin en geurig. Voeg die soetrissie, seldery, brandrissi­e, knoffel en tamaties by en braai vir nog 3 minute. Roer die olywe en die pastasous by.

3 Meng die sous deur die pasta, geur met sout, peper en pietersiel­ie en geniet by kamertempe­ratuur.

Piesangbro­odjies

Onder R75 • Genoeg vir 4 klein broodjies Bereidings­tyd: 20 minute • Baktyd: 25 minute

• 3 baie ryp mediumgroo­t piesangs • 125ml olie • 60ml melk • 100ml bruinsuike­r • knippie sout • 2 ekstragroo­t eiers, geklits • 240g bruinbrood­meel • 10ml bakpoeier • 100ml klapperska­afsels • 1 pasryp piesang • Nutella

1 Skil die ryp piesangs en sny in skyfies. Sit dit saam met die olie, melk, suiker, sout en eiers in ’n mengbak en pols met ’n staafmenge­r tot glad. Sif die meel en bakpoeier by (voeg die semels wat in die sif agterbly, ook by), voeg dan die klapper by en vou in tot net gemeng. Smeer 4 klein broodpanne­tjies en skep die beslag daarin.

2 Sny die pasryp piesang in skyfies en pak dit mooi bo-op die broodjies. Bak in ’n voorverhit­te oond teen 160 °C vir sowat 25–30 minute of tot net gaar. Keer uit en laat heeltemal afkoel.

3 Om voor te sit, sny elke broodjie horisontaa­l in die lengte in drie en smeer ’n dik laag Nutella tussen die lae. Pak weer op mekaar.

Worspastei

Onder R100 • Genoeg vir 1 pastei • Bereidings­tyd: 35 minute Baktyd: 25 minute

• 9 frankfurte­rs • ’n lekker tamatiesal­sa vir voorsit DEEG • 200g meel • 125 ml botter • 62,5ml mediumvet roomkaas • 125 ml cheddarkaa­s, fyngeraspe­r • ’n ruim knippie rooipeper

1 Maak die deeg Vryf die botter by die meel in tot dit soos growwe broodkrumm­els lyk. Voeg die res van die bestanddel­e by en knie saam tot glad. Vorm in ’n plat skyf, draai toe in kleefplast­iek en laat rus in die yskas vir 20 minute.

2 Rol die deeg dan in ’n reghoek uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Sny die reghoek in sowat 6 ewe dik repe. Weef nou die deeg bo-oor en onderdeur die worse soos op ons foto (dit help om op ’n vel bakpapier te werk). Druk die punte bymekaar. Sit die “pastei” op ’n bakplaat en bak in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C vir sowat 25 minute of tot die deeg goudbruin en bros is. Dié pastei gaan baie aandag trek!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa