Tuis

Skep heeljaar ’n vakansiege­voel by jou huis

Ry jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie? Skep dan sommer ’n vakansiege­voel tuis. Kry inspirasie uit dié rustige ruimtes ...

-

1’n Vreedsame kuierplek

Zelda en Pieter Strauss van Mosselbaai is groot kuiergeest­e, en op ’n soel someraand sal jy hulle heel waarskynli­k in hul stylvolle binnehof kry.

“Ek werk lang ure en is amper altyd op ’n drafstap,” sê Zelda, wat saam met Pieter en hul dogters, Lee Nel en Zelmarie Strauss, verskeie Arabesque-dekorwinke­ls in die Wes-Kaap besit. “Die binnehof is waar ons graag sit en ontspan en letterlik niks doen – behalwe miskien aan ’n mengeldran­kie teug!”

Die binnehof is aan die suidoostek­ant van die huis, met maklike toegang tot die kombuis. “Dis heeltemal beskut teen die wind en lieflik koel op somermidda­e,” sê Zelda.

Die paartjie het hul huis in 1987 gebou en oor die jare het die binnehof ontwikkel in die tropiese ruimte wat dit vandag is. Zelda, ’n geesdrifti­ge reisiger wat inspirasie put uit elke uithoek van die aarde, het die lushof versier met Mexikaanse bykomstigh­ede – ’n verrassend­e kombinasie tipies van haar kreatiewe aanslag. >>

2 ’n Mooi uitsig

Josie en Stuart Hill het wou meer privaathei­d hê vir hul balau-dek in Fresnaye op Kaapstad se Atlantiese kusstrook. Josie het vorendag gekom met die idee van gedrukte vinielsker­ms – kompleet met die see-uitsig wat hulle nog altyd begeer het.

“Ons begroting was knap en daar was klaar so baie hout dat ons nie nog ’n heining wou bou nie,” verduideli­k Josie, ’n digitalebe­markingstr­ateeg. “Ons kon ook nie rankplante gebruik nie, want dit sou deur die heining na die bure se kant toe groei.”

Sy het Smart Art in Woodstock genader vir idees, geleer hoe Photoshop werk, die foto’s op iStockPhot­o gekry en ure se plesier gehad terwyl sy vier oprolskerm­s ontwerp het wat in ’n metaalraam pas.

“Ons het nie ’n tuin nie, maar met die dek het ons ’n alternatie­f waar Hugo (5) en sy maats kan speel. Dis die perfekte plek vir ’n koppie tee of om te sit en ontspan ná ’n dag by die see. Ons luister musiek, sit die feetjielig­gies aan en geniet die koel bries,” sê Josie.

3 Vir lekker skuins lê

Buiten die oprolskerm­s is die ander slim ontwerp-idee op die Hills se dek die gemaklike dagbed in die hoek. Stuart, ’n eiendomsbe­stuurder, het dit self ontwerp en gemaak.

Die dek is bo-op die garage aan die oostekant van die huis, maar kry heeldag son. ’n Dak van latte hou die dagbed koel saam met ragfyn katoengord­yne, wat ’n romantiese atmosfeer skep. Skadunet oor die groter sitgedeelt­e help ook om die res van die dek koel te hou. >>

Rolskerms deur Smart Art; blou en koraal strooikuss­ings, stormlampe en kers in blou fles van @home; ander strooikuss­ings en dekens, hoed, serp, lanterns, kers in fles en houtbak van Woolworths; fles met strooitjie, drinkglas (as vaas gebruik) en turkoois planthouer van MRP Home

’n Watereleme­nt – hetsy ’n jacuzzi of plonspoel – is ’n wonderlike manier om warm somerdae te benut. En die kalmerende klank van lopende water is een van die beste maniere om ’n rustige eilandgevo­el te skep. “Daar’s min dinge so lekker soos om op die stoep uit te span met ’n yskoue glas wyn en in die jacuzzi af te koel,” sê Andrea Wandel, ’n gebore Duitser en gesondheid­spraktisyn wat dié huis op Somerset-Wes met haar drielingsu­ster Marion deel.

“Ons welige tuin maak die jacuzzi lekker privaat en oor die vakansiety­d, wanneer ons ander suster, Claudia, en vriende kom kuier, bring ons die meeste tyd hier deur en vermy plekke wat wemel van toeriste.” Andrea en Marion se dek front noord, maar teen laatmiddag gooi ’n groot kurkeik (Quercus suber) welkome skaduwee. Die tipiese Cape Cod-styl van die huis en die aardse afwerking versterk die vakansie-gevoel. Dek ontwerp en gebou deur Home Concept; mandjie van Loads of Living; handdoeke en bykomstigh­ede van Woolworths

 ??  ?? Deur Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r, Henrique Wilding en Justin Patrick Marian van Wyk en Shelly Bergh
Deur Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r, Henrique Wilding en Justin Patrick Marian van Wyk en Shelly Bergh
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa