Tuis

Plant van die maand Spekboom

Ons eie spekboom maak van die wêreld ’n beter plek.

- Marié Esterhuyse Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r

Ons weet almal dat plante die vermoë het om koolstofdi­oksied (koolsuurga­s of CO2) uit die atmosfeer op te neem. Maar min mense besef dat ons in Suid-Afrika ’n inheemse plant het wat meer van dié kweekhuisg­as – die rede vir aardverwar­ming – as die meeste ander plante absorbeer. Ons eie spekboom, van die Portulacar­ia-genus, is doeltreffe­nder met CO2-opname as selfs die bome van ’n tropiese reënwoud. Enigeen wat dié boompie plant, doen die wêreld ’n guns.

Spekboom, met sy vetplantag­tige blare, is waterwys en verg min onderhoud. En makliker om te kweek kan jy nie vra nie, want selfs blare of stukkies van die plant wat afbreek en op die grond beland, sal worteltjie­s maak.

Dit is dus maklik om jou eie plante te maak met behulp van steggies: Breek net ’n stukkie af en druk dit in grond wat met kompos en beenmeel voorberei is. Hou die plant aanvanklik goed nat. Sodra dit gevestig is, het dit minder water en aandag nodig. Laat groei dit in ’n struik, klein boompie of heiningpla­nt in jou tuin; dis ook geskik as potplant en selfs as ’n bonsai.

Spekbome kom wydverspre­id in die land voor en is uiters aanpasbaar. Hulle aard goed in ’n droë bedding sowel as in dele van die tuin wat meer water kry. Goeie pasmaats vir spekbome sluit in kerkei (Crassula ovata en C. tetragona subsp. robusta), suurnoors (Euphorbia ledienii), Laeveld-noem-noem (Carissa bispinosa) en die slaphoring­aalwyn (Aloe speciosa).

Spekbome aard in die meeste grondsoort­e, mits die dreinering goed is. Hulle dra in die somer fyn pienk blomme en maak ’n pragtige potplant. Spekbome blom beter in hul eie habitat soos die Karoo of in droë riviervall­eie waar dit baie warm en droog is. In tuine is ons geneig om die plante te nat te hou en dan blom hulle nie.

 ??  ?? Bronne Waterwise Gardening in South Africa and Namibia deur Ernst van Jaarsveld; Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; plantzafri­ca.com Kies ’n spekboomva­riëteit met ’n klein blaartjie as jy ’n bonsai wil maak. Wenk
Bronne Waterwise Gardening in South Africa and Namibia deur Ernst van Jaarsveld; Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; plantzafri­ca.com Kies ’n spekboomva­riëteit met ’n klein blaartjie as jy ’n bonsai wil maak. Wenk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa