Tuis

Kos & drank vir die siel

Maak seker jou nuwe jaar het oorgenoeg geur en flair.

- Deur Johané Neilson

Tydlose styl

Die vintage-mooigoed in ons hoofkossto­rie (bladsy 108 ) is van Nerf-af Waterbanki­e, nou by Durbanweg 168 in Bellville. Loer in as jy op soek is na iets spesiaals. Kry hulle op Facebook by facebook.com/nerfafvint­age/.

Heerlik en veelsydig

Die nuwe Pesto Princessso­ndroë-tamatiepes­to (vanaf R46, pesto.co.za) is onverbeter­lik op burgers en broodjies, in pasta en oondgeregt­e ... Kry dit by supermarkt­e en deli’s landwyd.

Sterk gekrui

Hou jy van kook, of het jy ’n familielid wat in die kombuis boer? Die nuwe Nomu Cooks-versamelin­g speserye (R31,95 tot R69,95 elk) en speseryrak­ke (klein R399; groot R499) sal jou inspireer om ’n hele feesmaal op te tower. Besoek nomu.co.za.

Kom ons braai

Nataniël se nuutste produkte, soos dié appelkoos-enchimichu­rri-braaisous (R39,99 vir 375 ml), is net te kry by Checkers en Checkers Hyper. Kap en sny Scanpankok­smes (20 cm) R475, Woolworths

Heerlike leesstof

My Portuguese Feast deur Mimi Jardim (R385; Quivertree) – die hoof van Jardim’s Cookery School, doyenne van plaaslike Portugese kookkuns en meestersje­f – is ’n skatkis van resepte, soos die beste prego-rolletjies, garnaalris­soles, vlatertjie­s en geregte geïnspiree­r deur Mimi se vakansies; dink Mosambieks­e hoenderker­rie en sjokolade-salami. Njam!

Om ’n Sondagtafe­l

Die Sunday Roast, elke Sondag van 12:00 tot 15:00 by Makaron op Stellenbos­ch, is ’n spanpoging deur die sjefs Pete Goffe-Wood en Lucas Carstens. Die vleis (van sappige hoender tot stadiggero­osterde lam) is seisoenaal, en die bykosse verander elke week – altyd met die oog op gesinne. Dit kos R185 per persoon (R365 per paartjie) en R110 vir kinders onder 12. Skakel 021 880 1549 of besoek majekahous­e.co.za.

Lui die nuwe jaar in!

Durbanvill­e Hills se nuwe sauvignon blancvonke­lwyn (R75 by die kelder of vinoteque.co.za) is perfek vir somerkuier­s. Geniet dit saam met soesji, gerookte salm en oesters. Lekker!

Smul met ’n doel

Bestel ’n Celebrity Chef-pizza vir net R105 by enigeen van die Col’Cacchio-pizzerias landwyd en maak daarmee ’n skenking aan liefdadigh­eid. Dié pizzas sal vir ’n beperkte tyd beskikbaar wees (tot April). Besoek colcacchio.co.za vir die nuwe somerspysk­aart en opwindende nuwe pizzas.

Somersensa­sie

Klein Steenberg Sauvignon Blanc (R60 by die kelder) het dubbelgoud losgeslaan by die 2016 Ultra Value Wine Challenge. Die geure is die ene grenadella, kiwi en spanspek! Sien

steenbergf­arm.com.

Proe die verskil

By Jakkalsvle­i Private Cellar, naby Herbertsda­le op die Tuinroete, kan jy stap of bergfiets ry en sodoende ’n goeie dors opwek voor jy hul nuwe Wolfbier en gewilde Jackal-lager probeer. Sien meer by jakkalsvle­i.co.za.

Slim keuse

Ons is dol oor die middagetes deur sjef Pieter de Jager by Leopard’s Leap Family Vineyards op Franschhoe­k. Dit werk so: Kies jou bykosse uit die verskeiden­heid by die Harvest Table, weeg jou bord, bestel jou vleis by die betaalpunt – en val weg! Besoek leopardsle­ap.co.za vir die spyskaart.

Stylvolle baadjie

Disaronno (vanaf R269 by voorste drankwinke­ls), die gewildste Italiaanse likeur ter wêreld, snoer kragte saam met die modehuis Etro; dié bottels pryk in ’n stylvolle paisley-omhulsel en is net vir ’n beperkte tyd beskikbaar. Vir mengeldran­kieidees, sien disaronno.com. Eetrite se jongste versamelin­g porseleinb­ekers (R219 vir 4) en -bakkies (R319 vir 4) is beskikbaar op yuppiechef.com.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa