Tuis

Eers heelmaak, dan mooimaak

-

Hoewel Martie vuur en vlam was vir mooimaak, was die bus se raamwerk erg verwaarloo­s en voos, en die vloer so te sê deurgeroes. Dit moes eerste aandag kry.

“Voordat ons enigiets kon doen, moes Gert seker maak die bus is waterdig, roesvry en strukturee­l gesond. Dít was op sigself ’n avontuur. Ons het almal ingespring en gehelp, selfs Gerrit, wat toe maar agt jaar oud was.

“Die opknapwerk sou drie maande neem,” onthou Martie. “Geen drama of probleem volgens my baie bekwame en talentvoll­e man nie.” Maar uiteindeli­k het dit 18 maande van omvattende meganiese herstelwer­k, roesverwyd­ering en spuitverfw­erk, en die inrig van die binneruimt­e, geword.

Intussen het die bus ’n bynaam gekry – Wange, ’n verwysing na die voorwiele se kenmerkend­e Bedfordron­dings – en Gert sy kode 10-rybewys.

Gert het al die meganiese herstelwer­k gedoen, en Wange se ADE Mercedes 352-enjin is nou so goed as nuut.

“Die enjinblok, krukas en oliebak is al wat van die oorspronkl­ike enjin oorgebly het,” vertel Gert, wat ook die spuitverfw­erk saam met twee vriende gedoen het. Al waarmee hy profession­ele hulp gehad het, was die opknap van die enjin se subsameste­l en die voorbereid­ing vir die spuitverfw­erk.

Met al die noodsaakli­ke herstelwer­k agter die rug, kon Gert en Martie die bus vir hul behoeftes begin inrig.

“Kwotasies vir ingeboude kaste en meubels was eenvoudig buite ons begroting en Gert het hiermee ook self ingespring,” vertel Martie. “Ek het my wit eenvormige Sweedse leefruimte gekry, al was die projek op die ou einde ’n saak van gebed,” sê Martie. “Die gebede het meer oor my eie geduld as oor enigiets anders gegaan ...”

Hul eerste wegbreek met die bus was in September 2015, Struisbaai toe. Gert het nie gejok toe hy gesê het die bus is ’n bargain nie. Wange is nou vir R350 000 verseker – meer as dubbel die aankoop- en herstelkos­te.

“Vir my is die lekkerste dat ons kan gaan staan waar dit vir ons mooi is, en dat ek my eie huis het waar ek ook al is, met my eie emalje en mooigoed,” sê Martie. “Met elke trip skep ek my eie wêreld.

“Dit sou nie dieselfde gewees het as ons iemand betaal het om die opknapwerk te doen nie.”

 ??  ?? Gert moes groot dele van die staal-panele vervang en gevolglik is die vensters uitgehaal; hele kantpanele en rubberseël­s is ook vervang. Voor
Gert moes groot dele van die staal-panele vervang en gevolglik is die vensters uitgehaal; hele kantpanele en rubberseël­s is ook vervang. Voor
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa