Tuis

Vra vir JJ

-

Speldekuss­ings moet skuif

Danie Zeelie van Reebok in die Wes-Kaap skryf Ek het twee speldekuss­ings wat in volle blom is, maar ek moet dit skuif – ons bou ’n muur by ons huis en dis in die pad. Kan ons dit verplant? Ek is bang dit sal nie agterna herstel nie.

JJ antwoord Net soos proteas hou speldekuss­ings niks daarvan om geskuif te word nie. As jy moet, stel ek voor jy wag tot die vroeë winter wanneer dit ’n rusperiode binnegaan. Snoei twee-derdes van die takke weg om groei aan te moedig en maak goed nat nadat jy die speldekuss­ing oorgeplant het.

Dit bly morsig!

Patsy Crisp van Kaapstad skryf Ek woon in ’n woonstel op die grondverdi­eping en buite is daar ’n bedding met ’n hoë vrugteboom in die middel. In die winter gooi dit heeltyd blare af en ek moet dit gedurig opvee. Die trustees weier dat ek dit uithaal omdat dit in die somer skaduwee vir die hoër woonstelle bied. Al vaar die omringende plante goed, het ek dit al oorweeg om die boom uit te haal, houtplanke neer te sit en ’n sithoekie te skep. Enige voorstelle vir ’n aantreklik­e hoekie wat min moeite vra, sal baie welkom wees.

JJ antwoord Jy kan deur die jaar van die takke verwyder, maar solank daardie boom daar is, gaan jy met blare sukkel. As jy ’n dek bou, sal die blare nog meer van ’n probleem word, want dit kan onder die dekplanke beland en verrot. Die boom se wortelstel­sel kan ook die planke lig. Na my mening is jou beste opsie – met die minste moeite – om in houers en potte tuin te maak.

KONTAK JJ van Rensburg is ’n tuinboukun­dige by Garden World in Johannesbu­rg; besoek gardenworl­d.co.za.

 ??  ?? Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingesels­ies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG.
Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingesels­ies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa