Tuis

Van voor af

-

In 2011 het Sally en haar lewensmaat, Pierre Roode, na Heidelberg verhuis waar hulle ’n dekorwinke­l, Inspired, langs die N2 begin het. Sally het dadelik op die ruim erf ingespring en op haar eie begin om die lushof te skep wat vandag hier te sien is.

Sy het aanvanklik alles alleen gedoen en eers ses maande gelede ’n helper in diens geneem. Vandag help Samuel Square haar die swaar kruiwa teen die bulte uitstoot.

“Die groot bome in die voortuin met die ellelange oprit en die twee reuse-akkerbome het net reg gevoel. Ek het dadelik ’n prentjie in my kop gehad van wat ek kon doen om die huis en tuin terug te neem na die spogeiendo­m wat ek glo Ivy Lodge op sy dag was. Gelukkig is ek so bevoorreg om leiwater te hê,” sê Sally.

Sy het die voortuin meer formeel gemaak om by die styl van die huis te pas en dit het beteken dat baie van die vorige eienaar se clivias georden en verskuif moes word na die skaduwee onder die bome. “Hul groot verskeiden­heid kleure maak my vroeë lentetuin baie spesiaal.”

Die voortuin bestaan uit net ’n paar spesies: clivias onder die jakarandas, wit agapante in die sonnige dele en Duranta ‘Sheena’s Gold’ as heinings. “Ek het ’n paar vormboompi­es ingebring om met die skerp blare van die agapante en clivias te kontrastre­er – hiervoor het ek Duranta ‘Gold Mine’, sowel as ficusboomp­ies wat vanself opgekom het, gesnoei. Daar is twee asemrowend­e kameelvoet-bome (Phanera variegata) wat vroeglente oortrek is met wit orgidee-agtige blomme.”

In November 2012 moes Sally haar voortuin, wat net klaar ontwerp en beplant was, agterlaat om haar seun, Morné, in Pretoria te gaan bystaan nadat hy in ’n motorongel­uk was. Toe sy nege maande later terugkeer, het Pierre vir haar ’n houtprieel onder ’n boom in die voortuin gebou. Hier het sy ’n sterjasmyn geplant wat dit kon toerank, met twee Japannese esdorings weerskante. Om die oorgang van die tuin na die plaveisel voor die huis te definieer, het hy ’n pergola gebou waarteen ook sterjasmyn rank. En danksy sewe luiperdbom­e (Caesalpini­a ferrea) in dié deel is dit nou ’n klein woud! >> In een van Sally se “tuinkamers” het sy ’n woudjie van luiperdbom­e geplant. Die trapklippe word omring deur gruis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa