Tuis

Take vir Januarie

- Deur Kay Montgomery

Werk slim met water

As daar min reën val of waterbeper­kings in jou omgewing ingestel is, is daar wel maniere om dié kosbare hulpbron in jou tuin te bewaar. Probeer dié wenke: • Kies die regte plante Om volwasse bome en struike te vervang, sal net te veel tyd en geld kos – laat hulle dus tydens waterbeper­kings voorkeur geniet. Die meeste plante uit die winterreën­streek (soos fynbos), en uit Mediterree­nse lande (soos laventel) hanteer droë somers goed, terwyl plante uit die somerreëns­treek meer gereeld water sal moet kry. • Groepeer plante met soortgelyk­e waterbehoe­ftes saam, pleks van volgens kleur of tekstuur. Plant dié wat die meeste water nodig het naby die huis en in groot potte op die patio. Groepeer eerder plante met hoë waterbehoe­ftes saam in groot potte pleks van in ’n klomp klein potte en hangmandji­es. • Strooi ’n deklaag ’n Laag organiese materiaal soos basstukkie­s, kompos of dennenaald­e, 8–10 cm dik, sal vog in die grond behou. Los ook blare wat op die grond val as ’n natuurlike deklaag rondom struike. Deklae versmoor onkruid en keer dat die wind jou grond uitdroog. Maak die grond goed nat voor jy die deklaag strooi en laat ’n klein opening om die stamme. • Natmaak Vang in die somerreëns­treek reënwater in tenke op. Maak seker die water bereik die wortels; as jy net bolangs natmaak, droog jou plante se oppervlakw­ortels uit. • Belê in ’n gryswaters­telsel sodat jy water in jou tuin kan hergebruik. Gryswater kom van die bad, stort en wasmasjien (indien jy bio-afbreekbar­e seep gebruik). Water uit die kombuiswas­bak is nie geskik nie omdat dit vette bevat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa