Tuis

Tuille-skoenlappe­rs

-

Ek het dié papierdun Franse koekies by die ICA-sjefskool geleer maak; hulle is ideaal wanneer jy ’n gewone nagereg in iets besonders wil omtower. Genoeg vir ’n hele swetterjoe­l Bereidings­tyd: 45 minute, plus rustyd Baktyd: ’n paar minute per bakplaat

• 80g meel, gesif • 100g versiersui­ker, gesif • 100g eierwitte (sowat 3 ekstragroo­t eierwitte indien jy nie ’n skaal het nie) • 100g botter, gesmelt en afgekoel

1 Meng die meel en versiersui­ker saam in ’n mengbak. Klits die eierwitte in ’n maatbeker en voeg dit geleidelik by die droë bestanddel­e terwyl jy aanhoudend klits – dit keer dat klonte vorm. Wanneer die mengsel glad is, klits die botter geleidelik by. Bedek die bak met kleefplast­iek en sit dit vir 1 uur in die yskas voor gebruik. 2 Om die dun koekies in ’n egalige dikte te vorm, het jy ’n stensil nodig – ’n stuk plastiek soos ’n roomysbak se deksel is die perfekte dikte. Teken jou skoenlappe­rs of die vorms van jou keuse met ’n pen op die deksel en sny dit met ’n nutsmessie uit. 3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die stensil op bakpapier neer (dis belangrik om op bakpapier te werk) en smeer met ’n paletmessi­e ’n eweredige laag tuille-beslag oor die uitgesnyde openinge. Lig die stensil op en herhaal, maar moenie te veel vorms op een vel papier maak nie. Sit die bakpapier met die skoenlappe­rs op ’n bakplaat en bak vir sowat 2–5 minute, afhangend van die dikte, tot ligbruin van kleur – hou maar dop. Sodra dit uit die oond kom, werk vinnig en lig die skoenlappe­rs met ’n paletmes van die papier; vou die koekies sodat dit lyk of die skoenlappe­rs vlieg. Gebruik ’n omgekeerde muffinpan om hulle in dié posisie te ondersteun. Die koekies raak bros wanneer hulle afkoel en sal breek as jy hulle dan probeer vorm. Moet dus nie te veel op ’n slag bak nie. Herhaal tot al die beslag opgebruik is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa