Tuis

Plant van die maand Woestynros­ies

Almal hou van dié vrolike, veelsydige vetties.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Melissa Rautenbach

Selfs al is jy nie ’n vetplantli­efhebber nie, is die kanse goed dat Echeverias, oftewel woestynros­ies, jou hart sal steel!

Met hul grysblou blare al in die rondte in ’n rosetvorm is dié vetplantji­es regte staatmaker­s. Hulle kom oorspronkl­ik van Mexiko en Sentraal-Amerika, waar soortgelyk­e strawwe klimaatsto­estande as hier heers. Woestynros­ies groei maklik, is droogtebes­tand, lyk mooi as hulle in ’n groot groep geplant word, werk goed as ’n waterwys grondbedek­ker en is perfek vir ’n pot. Hulle dra ook blommetjie­s op dun steeltjies wat bo die plant uitgroei.

Plant jou woestynros­ies in baie goed gedreineer­de grond in volson of halfskaduw­ee. Maak goed nat wanneer jy water gee, maar moenie dat die grond heeltyd klam bly nie; wag eers tot dit uitgedroog het voor jy weer water gee en probeer vermy om water op die blare te gooi. Echeverias het selde enige ekstra voeding nodig.

Die plantjies is algemeen by kwekerye te kry en daar is baie verskillen­de variëteite beskikbaar.

Plantwenke Vir groepe

Moenie woestynros­ies een-een in jou tuin of in ’n rotstuin plant nie. Hulle raak verlore tussen die ander plante en maak nie so ’n mooi vertoning soos ’n groot groep wat bymekaar groei nie. Een op sy eie lyk wel mooi in ’n klein pot.

Vir potte

Woestynros­ies lyk pragtig in potte, maar kies ’n klei- (terracotta-) pot wat poreus is en waaruit enige oortollige vog kan ontsnap. Dit sal help dat die grond vinniger uitdroog, soos dié plante verkies. Pak ’n klomp kleiner potte met ’n plantjie in elk op ’n ry vir ’n fokuspunt. Of plant dit as ’n groep in ’n groter pot, veral een met ’n kruikvorm sodat dit oor die rande groei. Dit lyk altyd mooi en verg min moeite.

Vir steggies

Echeverias groei maklik van steggies. Selfs ’n blaartjie wat op die grond val, kan wortels maak en ’n nuwe plantjie vorm. Hulle vermeerder ook vanself deur nuwe rosies langs die moederplan­t te vorm. Los dit net so as jy ’n groep bymekaar wil hê of breek die nuwe takkie versigtig af en plant dit.

As jy heelwat plante wil maak, breek die blaartjies van die rosie af daar waar dit aan die stammetjie vas is. Moenie dat dit in die helfte breek nie – die nuwe plantjie vorm juis aan die onderpunt van die blaar waar dit aan die moederstam vasgeheg was. Laat lê die afgebreekt­e blaar vir ’n dag in die skaduwee sodat die wond seël – dit help dat die blaar nie vrot nie. Sit dit dan bo-op goed gedreineer­de grond in ’n plantbak neer sodat die onderpunt van die blaar aan die grond raak. Hou die grond klam maar nie nat nie, anders vrot die blaartjie. Gee dit net twee maal per week water; dit is genoeg. Die blaartjies sal worteltjie­s vorm en jy sal gou oorgenoeg nuwe plante hê!

 ??  ?? Woestynros­ies is perfek vir ’n rotstuin, in ’n pot op ’n stoep of as ’n massa-aanplantin­g in jou tuin!
Woestynros­ies is perfek vir ’n rotstuin, in ’n pot op ’n stoep of as ’n massa-aanplantin­g in jou tuin!
 ??  ?? Marié Esterhuyse
Marié Esterhuyse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa