Dagboek September-hoogtepunte
As jy einde Augustus in die Kaap is, kom kuier vir ons in die Tuis-teater by die Cape Homemakers Expo! Meer besonderhede op bl. 63.
Home Made Easy (seisoen 2 begin op 4 September op The Home Channel, kanaal 176 op DStv) het al die raad wat jy nodig het – van praktiese tuinwenke tot opwindende selfdoenprojekte en inspirerende dekorplanne. Die aanbieders van dié plaaslik vervaardigde reeks, Tanya Visser, Ryan Paulsen en Elle Franco, deel hul topwenke waarmee jy jou huis gemaklik kan inrig.
Homemakers Expo
31 Augustus–3 September: Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum 15–17 September: Parkview-winkelsentrum, Pretoria Met vanjaar se tema, “Ter ere van jou huis”, is die ekspo ’n viering van jou leefruimte. Besoekers kan uitsien na stalletjies met dekor, meubels, tuine, kombuise, selfdoen-produkte en geskenke. Kaartjies kos tussen R50 en R80 by quicket.co.za; besoek
Fees van straatkos
2–3 September: Side Street Studios, Woodstock in Kaapstad 10 September: Common Ground, Staibstraat 16, Maboneng in Johannesburg By dié funky fees berei plaaslike sjefs net die beste van Suid-Afrika se straatkos: Immergewilde vis en tjips met sout en asyn, gatsbys met watertand-vulsels en die beste braaivleis warm van die kole! Kom luister ook na praatjies deur die land se voorste koskenners. Kaartjies kos tussen R50 en R100 by quicket.co.za. Besoek streetfoodfestival.co.za vir die program.
Die lente is hier!
Verwelkom die nuwe seisoen met ’n fees: 1–3 September: Botrivier Over the Rainbow-lentenaweek Maak jou reg vir egte plaaspret, soos ’n Spit & Skoffel-dans, trekkerritte, ook verfbal en springkastele. Naweekpasse (R100, insluitend ’n proeglas) is beskikbaar by quicket.co.za. 2 September: Lentefees in Howick, KwaZulu-Natalse Middelland Sit agteroor by St Ives Boma en geniet musiek deur Louise Carver en Jason Hartman, spesialisbier, plaaslike kos en die Midlands-handwerkmark! Kaartjies by die hek of by webtickets.co.za kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12. Skakel 076 812 6423. 23 September–1 Oktober: Magoebaskloof/Haenertsburg-lentefees Geniet handwerk en kuns, kosstalletjies, musiek, gesinspret en ’n fantastiese orgidee-uitstalling by die Orion Magoebaskloof-hotel. Skakel 064 070 4454 of besoek springfestival.co.za.