Tuis

Van oudmodies tot kontemporê­r

-

Tammy en Alistair wou graag met ’n skoon skilderdoe­k werk en het daarom mure uitgebreek en ou deur- en vensterram­e vervang.

Daarna kon hulle begin met Tammy se gunsteling­deel – die dekor! Sy het nog altyd ’n oog gehad vir mooi en funksionel­e binneruimt­es; haar ma is die interieurv­ersierder en ontwerper Sue Lederle.

Tammy wend haar kreatiwite­it aan in verskeie sakebelang­e, ondermeer haar binneversi­ering ondernemin­g I vy Dé c o r& Design en loveables.co.za, ’n dekor geskenk winkel.

Met die beplanning van elke vertrek se styl het Tammy maande lank deur winkels, tydskrifte, webwerwe en dekorjoern­ale gesnuffel op soek na net die regte kleure en teksture sodat hulle nie tyd mors op duur foute nie.

Sy het nuwer stukke met knoopdetai­l, natuurlike hout, linne en fluweel (haar gunsteling-dekorkeuse­s) gekombinee­r met ouer rusbanke, ottomans en tafels uit hul vorige huis.

Alistair, die stigter en eienaar van Holmes Underwriti­ng Agency, het dit geniet om meubels vir die huis – soos rakke en die pragtige bed in Ivy se kamer – te bou uit ou dakbalke.

Maar dit was kleur wat die grootste rol in die mooimaakpr­oses gespeel het, sê Tammy. “Ek wou ’n neutrale agtergrond hê met prettige spatsels kleur in verskillen­de dele. Ons is mos nog jonk (35 is immers die nuwe 25), so ek wou nie die ruimte te ernstig maak nie.”

Met kleur as riglyn beteken dit alles pas op ’n manier by mekaar en daar is eenvormigh­eid en vloei.

“Ek het elke vertrek se kleur beplan rondom hoe ons die ruimte wou gebruik – daarom is my studeerkam­er speels, kleurvol en kreatief, en het die koninklike blou gastesuite ’n prettige, vroulike element.”

 ??  ?? Vensters is verleng, plafonne verwyder en mure uitgebreek; nou voel die binneruimt­es heelwat ligter en skakel hulle beter met mekaar.
Vensters is verleng, plafonne verwyder en mure uitgebreek; nou voel die binneruimt­es heelwat ligter en skakel hulle beter met mekaar.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa