Tuis

Pakkamer nou romantiese kothuis

Blinde geloof. Dit was die wagwoord toe twee innoverend­e entreprene­urs koppe bymekaarge­sit het om van ’n ou pakkamer vol rommel ’n huis te maak. 21

-

Jacques Müller en Justin Duckitt het in 2013 die stadsliggi­es vaarwel geroep en Die Waenhuis op Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap gekoop met die doel om dit ’n trouvenue te maak.

Waar hulle sou woon, was nog nie seker nie. Langs Die Waenhuis, wat uit die laat-1800’s dateer, was daar ’n ruim stoorkamer wat die voorafgaan­de 20 jaar in onbruik was en met verloop van tyd met allerhande weggooigoe­d gevul is: van plaasimple­mente tot lendelam meubels. En dis hier waar Jacques, wat ’n agtergrond in ontwerp het, hope potensiaal gesien het. “Ek wou mal raak en moes myself tot kalmte maan,” vertel hy. “Hierdie pragtige, rustieke ruimte moes eenvoudig ’n tweede kans kry!” Dit sou die perfekte huis uitmaak, het hy besluit.

Gou-gou het sy entoesiasm­e Justin aangesteek – ook maar goed dat dié jare ondervindi­ng van konstruksi­ebestuur het. Maar eers moes hulle genoeg geld spaar voor hulle plaaslike bouers kon kontraktee­r om die binnemure te bou. Die res van die werk het Jacques en Justin so te sê alles self gedoen. Gelukkig het die stoorkamer hope skatte opgelewer wat tydens die bouproses herbenut kon word, want so kon hulle die koste laag hou.

Vandag spog hul kothuis met ’n oopplan-kombuis-eet-ensitkamer, ’n slaapkamer, badkamer, ateljee, stoep – en ’n outydse donkie vir warm water! Sy naam is “Ampie”. >>

Ondernemin­gsgees

Terwyl die twee hul storie vertel, raak dit gou duidelik hulle het geen tekort aan ondernemin­gsgees nie. Jacques bestuur deesdae die trouvenue, en Justin en sy span lewer nutsdienst­e in die dorp en omgewing.

In die eerste jaar dat Die Waenhuis sake gedoen het, was daar nege troues, die tweede jaar sestien. Maar moenie dink dit het vanself gebeur nie.

Jacques vertel: “Die eerste bruid het na die trouvenue kom kyk terwyl ons nog besig was om op te knap. Dit was die 1ste Januarie en sy wou in Maart trou. Een van haar vereistes was ’n dak oor die stoep; dié wou sy sien voor sy die deposito betaal. Maar die deposito was nodig om vir die dak te betaal!

“Toe bou Justin ’n baie klein stukkie van die stoepdak, basies twee pilare met ’n sinkplaat bo-op, en stuur vir haar ’n foto! Sy was tevrede en het die deposito betaal. Daarmee kon ons toe die regte dak opsit!”

Die Waenhuis kan 80 mense akkommodee­r, maar as ’n bruid meer gaste nooi, doen Jacques aansoek by die munisipali­teit om die straat voor die gebou te sluit, en slaan ’n tent op. “Dan ry Justin met die bakkie en gaan leen stoele regdeur die dorp sodat almal sitplek het!” Jacques het die aksentmuur in die slaapkamer (links) afgewerk deur ’n mengsel van Gluex en Bond It met ’n koolborsel direk op die rou baksteenmu­re aan te bring, waarna hy dit met ’n verfskrape­r afgekrap het terwyl dit nog nat was.

 ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk ?? Wie woon hier? Jacques Müller en Justin Duckitt WAAR Nieu-Bethesda GROOTTE 75 m²
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk Wie woon hier? Jacques Müller en Justin Duckitt WAAR Nieu-Bethesda GROOTTE 75 m²
 ??  ?? Dié boekrak is in ’n ou deuropenin­g in die sitkamer gebou met hout van ’n ou stel trappe. Die vloere het ’n sementafvl­aklaag gekry, waarna dit met Woodoc 45 geseël is. Die ruwe voorkoms is presies wat Jacques en Justin wou hê.
Dié boekrak is in ’n ou deuropenin­g in die sitkamer gebou met hout van ’n ou stel trappe. Die vloere het ’n sementafvl­aklaag gekry, waarna dit met Woodoc 45 geseël is. Die ruwe voorkoms is presies wat Jacques en Justin wou hê.
 ??  ?? Justin het al die riolering, loodgietwe­rk en elektriese installasi­es in die huis gedoen.
Justin het al die riolering, loodgietwe­rk en elektriese installasi­es in die huis gedoen.
 ??  ?? ’n Ronde stuk glas wat voorheen op troues as koekbord gebruik is (’n mens kan nog die mes se snymerke sien) is sommer as venster in die stortmuur gebou vir meer natuurlike lig!
’n Ronde stuk glas wat voorheen op troues as koekbord gebruik is (’n mens kan nog die mes se snymerke sien) is sommer as venster in die stortmuur gebou vir meer natuurlike lig!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa