Tuis

Bou ’n driesitple­k-bank

74 Maak dié bankie vir knus kuiers saam met jou beste helfte (opsitkers opsioneel).

- Deur Deon de Goede • Foto’s Francois Oberholste­r

Wat jy nodig het INKOPIELYS

• 22 x 69 mm- geskaafde dennehout, soos volg gesaag: vier 1 500 mm (sitplek) vier 475 mm (sitplek-stutte) drie 1 500 mm (voorkant) vier 400 mm (voorkant se stutte) twee 1 500 mm (rugleuning) vier 745 mm (rugleuning-stutte/pote) ses 500 mm (sye, binne) vier 320 mm (sy-stutte, binne) twaalf 530 mm (sye, buite) vier 745 mm (sy-stutte, buite) een 1 500 mm (stut vir sitplek en rugleuning)

• 22 x 44 mm- geskaafde dennehout, soos volg gesaag: vier 1 500 mm (sitplek) vier 1 500 mm (voorkant) drie 1 500 mm (rugleuning) vier 500 mm (sye, binne) twaalf 530 mm (sye, buite)

• 22 x 95 mm- geskaafde dennehout, soos volg gesaag: vier 745 mm (armleuning, voor en agter) een 1 500 mm (rugleuning, bo) twee 570 mm (armleuning, bo) een 1 600 mm (agterkant, onder)

• drie pakkies 8 mm x 30 mmspaander­bordskroew­e • een pakkie 6 mm x 40 mmspaander­bordskroew­e • houtlym • houtvuller • 120-grint-skuurpapie­r • verf of vernis (opsioneel)

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt • houtklamp • winkelhaak • skraper • 6 mm-spasieerde­rs (afvalplank­ies) 1 Maak die sitplek deur die vier 22 x 69 x 1 500 mm- en die vier 22 x 44 x 1 500 mm-planke afwisselen­d langs mekaar uit te pak. Wenke Gebruik ’n houtklamp om jou taak te vergemakli­k en hou die gapings eweredig met die 6 mm-spasieerde­rs. Plaas die vier 22 x 69 x 475 mm-stutte haaks oor die sitplekpla­nke en spasieer hulle soos op die skets (oorkant) aangedui. Lym en skroef die stutte in posisie vas met die 8 mm x 30 mm-skroewe in ’n sigsagpatr­oon. Maak die rugkant, sye en voorkant deur bogenoemde proses te herhaal (sien sketse).

2 Heg die sitplek aan die rugkant met die 6 mm x 40 mm-skroewe. Heg die 1 500 mm-stut vir die sitplek en rugleuning aan die rugleuning­stutte/pote om die sitplek te verstewig. Skroef nou die voorkant onderaan die voorkant van die sitplek vas.

3 Skroef die binnepanee­l vir die sye aan die rugkant en sitplek vas. Sit twee van die 22 x 95 x 745 mm-planke vooraan elke kant vas om die voorkant van die armleuning af te rond. Skroef twee stukkies afvalhout aan die voorste stutte vas om die voorkant van die armleuning aan die voorste paneel te verstewig. Lym en skroef die 22 x 95 x 1 500 mm-plank bo-aan die rugleuning vas.

4 Plaas die buitepanee­l van elke sykant in posisie en skroef vas met die 6 mm x 40 mm-skroewe. Voltooi die armleuning­s deur die 22 x 95 x 570 mm-planke bo-op vas te skroef. Draai die bank om met die agterkant na bo en skroef die 22 x 95 x 1 600 mm-plank onderaan die pote vas om die sye te verstewig. Skroef die oorblywend­e 22 x 95 x 745 mm-planke aan die agterkant van die armleuning­s vas om die bank te voltooi. Vul al die sigbare skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word. Skuur die bank deeglik en verf of vernis dit in die kleur van jou keuse. Ons het die hout natuurlik gehou.

 ??  ?? Harde werk 6/10 Vaardighei­dsvlak 6/10 Tyd nodig 6–8 uur Maak dit vir onder R2 000: hout en skroewe (verf/vernis uitgesluit)
Harde werk 6/10 Vaardighei­dsvlak 6/10 Tyd nodig 6–8 uur Maak dit vir onder R2 000: hout en skroewe (verf/vernis uitgesluit)
 ??  ?? Deon de Goede
Deon de Goede
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa