Tuis

Vetplante floreer ondanks die droogte

In hangmandji­es, blikkies, potte en kissies – met vetplante maak jy sommer maklik mooi.

- Deur Marié Esterhuyse Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach

Gee jou verbeeldin­g vrye teuels as dit by vetplante kom, want met dié waterwys staatmaker­s is daar geen einde aan die moontlikhe­de om die perfekte prentjie te skep nie, sê Ann Kerr van The Pink Geranium-kwekery, waar ons die foto’s geneem het, en Buck Hemenway van die Calitzdorp­vetplantve­reniging.

#1 Hang hulle op

Volgens Ann is vetplante met hul vlesige blare perfek vir ’n hangmandji­e. “Hulle kan vir lang tye sonder water oorleef en maak ’n pragtige vertoning. Baie vetplante se groeiwyse is geskik hiervoor, selfs ’n jong aalwyn. Volg jou instink en plant wat vir jou mooi is.” So maak jy jou eie hangmandji­es:

Wat jy nodig het

• draadmandj­ie • klapperhaa­r (opsioneel) • goeie, krummelrig­e potplantgr­ond wat goed dreineer • organiese kunsmis • ’n verskeiden­heid vetplante

SO MAAK JY

Begin deur die hangmandji­e met klapperhaa­r uit te voer as dit nie reeds so ’n voering het nie. Vul dit halfpad met die potplantgr­ond en meng ’n hand vol kunsmis daarby. Besluit hoe jy die vetplante wil rangskik. Dink daaraan dat jy besig is om ’n mini-tuin in die mandjie te skep. Begin met die middelpunt en plant rondom dit. Vul die mandjie op met potplantgr­ond en maak goed nat. Voed die plante elke sowat twee maande met ’n organiese kunsmis soos Talborne. Jou mandjie sal heeljaar mooi lyk!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa