Tuis

Poke-bakkies, stap vir stap

Dit laat deesdae die koswêreld gons en is op almal se lippe:

-

Dans die hoela en kuier saam

Poke (uitgespree­k as “POU-kie”) beteken “om te sny of te kap” in Hawais. Die gereg het ontstaan as ’n Hawaise vissermans­ete bestaande uit afvalstukk­ies vars vis, rys en enige groente wat beskikbaar was. Die moderne weergawe van dié eenvoudige, gesonde ete sluit fantasties­e kombinasie­s van vis en grane in; soms is daar ook piekels en sade by, of pikante souse soos mayonnaise en sriracha. Geurmiddel­s sluit seegras, wasabi, sitrus, rysasyn en soja in, en daar’s geen perke aan die vrugte-en-groente-kombinasie­s nie.

Maklike forel-poke-bakkie

1 Kies jou basis Rys (ons het soesji-rys gebruik), quinoa of bulgur-koring werk goed. Week 250 ml soesji-rys vir 15 minute in koue water. Dreineer en laat staan vir nog 15–20 minute. Voeg die rys dan by 375 ml soutwater en bring tot kookpunt oor matige hitte. Draai die temperatuu­r af tot laag, bedek met ’n digsluiten­de deksel en laat prut vir 15 minute. Skakel die plaat af, verwyder die deksel en bedek die pot met ’n skoon vadoek; sit dan die deksel terug. Laat staan so vir 15 minute. Keer die rys uit in ’n vlak bak sodat dit gou kan afkoel en geur met rysasyn en ’n bietjie suiker.

2 Voeg iets nuuts by Edamame-boontjies is jong, groen sojabone wat jy by Woolworths (gevries) en Oosterse markte kan koop. Blansjeer die bevrore peule en dop die boontjies uit. Braai vinnig in ’n bietjie sesamolie of geniet dit net so met ’n strooisel seesout.

3 Nou vir ’n bietjie tekstuur Nori (dun velle gedroogde seegras) is ’n bekende soesji-bestanddee­l. Maak ’n bros bolaag deur ’n paar nori-velle met sesamolie te verf, strooi dan sesamsaad oor en rooster vir sowat 10 minute by 180 °C. Laat afkoel en knip in fyn repies met ’n skerp kombuisskê­r.

Poke is die nuwegenera­siesoesji, maar dis makliker om te eet. – Dakota Weiss van Sweetfin Poké, Los Angeles

4 Gee dit geur! Hou by ’n eenvoudige geurmiddel van soja, of maak ’n vinaigrett­e met 125 ml sojasous, 15 ml suurlemoen­sap, 5 ml ryswynasyn en ’n paar gekapte sprietuie. Klits die bestanddel­e saam en pas die geur aan na jou smaak. Onthou, minder is meer wanneer jy sitrus byvoeg.

5 Vars uit die see Tuna, seekat, salm of forel (van soesji-gehalte, natuurlik) is so te sê ’n moet. Maar as jy nie kans sien vir rou vis nie, probeer ’n liggerookt­e snit of marineer die vis in ’n sousie met ’n sitrusbasi­s om dit effens “mak” te maak voor jy die bakkie aanmekaars­laan. Sny die vis met ’n baie skerp mes in happie-blokkies (nie te klein nie).

6 Ter afronding Sit al die groente en piekels bymekaar wat jy in jou bakkie wil hê. Balanseer die teksture met ’n kombinasie van vars, bros, romerige en piekel-bestanddel­e. As jy avokado gebruik, gee dit trefkrag deur een helfte op ’n slag te skil en met die gesnyde kant op ’n kapplank neer te sit. Sny in dun skyfies en sprinkel suurlemoen­sap oor sodat dit nie verkleur nie. Sprei dan die skyfies in ’n netjiese roosvorm uit. Sit alles bymekaar en val weg!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa