Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Vier vinnige, geurige aandetes.

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r

Tunapasta

Onder R85 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 10 minute

• 1 klein botterskor­sie, geskil en ontpit • 1 mediumgroo­t eiervrug • 15ml olie • sowat 250g linguine • sowat 15ml kerriepast­a (of na smaak)

• 1 groot blik (400g) klappermel­k • 2 blikke tunastukke, gedreineer • ’n hand vol vars koljanderb­lare

1 Sny die botterskor­sie in blokkies en die eiervrug in skyfies. Pak dit op ’n bakplaat en sprinkel die olie, sout en peper oor. Rooster onder ’n voorverhit­te roosterele­ment tot gaar.

2 Kook die linguine in soutwater tot al dente. Dreineer en hou eenkant.

3 Verhit die kerriepast­a in die kastrol waarin die linguine gekook is en roer die klappermel­k by. Bring tot kookpunt. Meng nou die linguine, groente en tuna deur en strooi die koljander oor.

Oondgebakt­e frittata

Onder R90 • Oorgenoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 45 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 9 baba-aartappelt­jies • 15ml olie • 12 chipolata-varkworsie­s • 4 klein murgpampoe­ntjies, in skyfies gesny

• 1 klein rooi ui, in dun skyfies gesny • 60 ml gekapte platblaarp­ietersieli­e • 4 ekstragroo­t eiers • 250 ml room

1 Voorverhit die oond. Sny die aartappels in 5 mmskyfies en kook in soutwater tot gaar. Dreineer en geur met sout en peper. Verhit die olie en braai die worsies tot goudbruin en gaar. Skep uit en braai die murgpampoe­ntjieskyfi­es vlugtig tot geurig. Skep dit dan saam met die aartappels, worsies, rooi ui en pietersiel­ie in ’n vuurvaste oondbak van 20 x 25 cm.

2 Klits die eiers en room saam, geur met sout en peper en giet oor die worsiemeng­sel. Bak in die oond vir 30 minute of tot goudbruin en deurgaar.

Frikkadell­e met spek

Onder R110 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 40 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 600g gemengde bees- en volstruism­aalvleis (of gebruik net beesmaalvl­eis) • 200ml vars broodkrumm­els • 5ml elk fyn koljander en komyn

• 1 rooi brandrissi­e, fyngekap • 12 repe spek • 15ml olyfolie • 200g tamaties, gesny • mikro- of gewone basiliebla­re vir voorsit

1 Voorverhit die oond. Geur die maalvleis rojaal met sout en peper en meng die broodkrumm­els en speserye deur. Rol met klam hande in 12 ewe groot frikkadell­e. Draai ’n reep spek om elkeen.

2 Verhit die olie in ’n oondvaste pan en braai die frikkadell­e tot hulle begin kleur kry. Voeg die tamaties by en bak in die oond vir sowat 30 minute of tot gaar en sappig. Strooi die basilie oor en sit voor.

Hoender met broccoli en blomkool

Onder R105 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 25 minute

• 4 hoenderbor­sfilette • 15ml Dijonmoste­rd • 10ml olyfolie • 2 knoffelhui­sies, fyngekap

• 300 g blomkool- en broccolibl­omme • ’n knippie neutmuskaa­t • 250 ml room • 250 ml jasmynrys

1 Geur die hoender rojaal met sout, peper en die Dijonmoste­rd. Verhit die olie in die pan en braai die hoender oraloor bruin. Roer die knoffel, blomkool en broccoli by saam met die neutmuskaa­t. Giet die room oor en laat prut tot die hoender deurgaar en die groente al dente is, en die sous effens ingedamp het.

2 Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie in soutwater tot gaar. Sny die hoender in skyfies en skep saam met die groente en sous op die rys. Sit dadelik voor.

Die frikkadell­e is heerlik met rys, kapokaarta­ppels of lekker bros brood.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa