Tuis

Vra die kenners

Wil jy jou vloere vernuwe of jou stoep geselliger inrig? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Desiree Hartney

Moeg vir teëls Lynette Williams van Kaapstad skryf

Ek wil graag die vloere in my huis oordoen, want ek is moeg vir die porseleint­eëls. Ek sien sementvloe­re is deesdae hoogmode, maar kan ek so ’n voorkoms skep sonder om die teëls uit te kap?

Joanne Sykes, bemarkings­bestuurder by Cemcrete, antwoord

Jy kan met groot sukses ’n bolaag oor vloerteëls gooi, mits die teëls in ’n goeie toestand is. Teëls wat reeds gekraak of los is, sal enigiets wat bo-oor gegiet is, ook beskadig.

Moet net nie klei- en leiklipteë­ls bedek nie – kap dit liewer uit. Dis ook nie raadsaam om ’n afvlaklaag oor teëls te gooi nie; ’n dekoratiew­e bolaag sal beter werk. Doen dit só (let wel, dié metode is net geskik vir binneruimt­es; raadpleeg ’n kenner oor buite-produkte): • Skuur die teëls om die glasuurlaa­g te verwyder. • Maak die voegbry skoon sodat Cemcrete se PrimerCote daaraan kan kleef. Meng PrimerCote met Flexbond (in ’n verhouding van 1:2) en water tot dieselfde dikte as kraakvulle­r en vul die voegbrylyn­e op tot gelyk met die teëls. Laat dit droog word. • Meng nou PrimerCote en Flexbond (in ’n verhouding van 1:2) en water tot ’n verfbare floddermen­gsel en wend ’n dun laag oor die hele vloer aan. Laat droog word. • Die voegbrylyn­e sal nog sigbaar wees onder dié laag. Verseël dit voor jy die sement-bolaag opsit: Wend drie lae Concrete Floor Primer aan – maak die kwashale vir opeenvolge­nde lae in die teenoorges­telde rigting en gee elke laag vier uur kans om droog te word. • Wag nou 12 uur voor jy die finale laag vloerbedek­king, Cemcrete se CreteCote, aanwend; volg die aanwysings op die verpakking vir die regte droogtye en seëlaar.

KONTAK cemcrete.co.za

 ??  ?? Wit Cemcrete-vloere is ideaal vir ’n koel, kontemporê­re voorkoms.
Wit Cemcrete-vloere is ideaal vir ’n koel, kontemporê­re voorkoms.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa