Tuis

Dekordilem­ma

-

DIE UITDAGING Belinda Roux van Witbank skryf Ek het geen idee wat om in dié stoepdeel by my voordeur te doen nie. Ons gebruik dit net om gaste te ontvang, maar my wisselrigt­er (“inverter”) en die Jack Russell se mandjie staan ook hier. Het julle enige raad?

DIE OPLOSSING

Die Tuis-medewerker Shelly Bergh antwoord Daar is geen rede hoekom enige stoep afgeskeep moet word nie. Ek stel voor jy versier dit in ’n shabby-sjiek styl met ’n versamelin­g eklektiese stukke. Probeer die volgende:

1

DIE KLEURSKEMA Begin deur die mure in ’n baie ligte grys skakering te verf (Cloud Pearl 1 van Dulux sal goed werk) om die ruimte op te helder en ’n meer kontemporê­re voorkoms te gee. Verf dan die donker houtvenste­rrame wit deur eers die vernis af te skuur en die hout voor te berei met Dulux Supergrip; gebruik dan Plascon Gloss Enamel in wit. Nou het jy ’n goeie agtergrond vir jou shabby-sjiek dekor.

Verwyder die kantgordyn­e aan die binnekant van die vensters; dit sal die vloei tussen binne en buite aansienlik verbeter. Verf die plafon wit en die voordeur ’n romantiese vuilpienk soos Shy Pink, of sagte blougroen soos Lazy Afternoon (albei van Plascon). Kies daarby sagte blougroen, vuilpienk, saliegroen, room en grys skakerings vir jou meubels

2

DIE MEUBELS Kyk by tweedehand­swinkels of aanlyn op Gumtree en by Facebookko­op-en-verkoopgro­epe vir shabby-sjiek stukke. Loer ook in by winkels wat krytverf soos Annie Sloan of Tjhoko Paint verkoop – hulle vernuwe gereeld ou meubels in dié styl; of spring self in en versier jou eie ou meubels met ’n verftegnie­k.

Ek stel voor jy gebruik ’n hoë tafel met potplante onder die kleiner venster, twee bankies (een met en een sonder ’n rugleuning), ’n tafel en ’n stoel. Plaas die bankie met die rugleuning teen die muur met die groot venster, en die ander een voor die tralies. Voltooi die prentjie met ’n Malawi-stoel en vrolike buitemat.

Jou Jack Russell se mandjie kry dan ’n ereplek langs die bankie. As jy nie jou wisselrigt­er kan skuif nie, oorweeg om dit met ’n boks gemaak van paletplank­e te verbloem. Rond dié romantiese ruimte dan af met strooikuss­ings – oortreksel­s met ’n roos- of gingang-motief sal lieflik lyk.

3

VIR GROENIGHEI­D Vul die ruimte met potplante. Jy kan kleineres op die tafel neersit en ’n groot geraamtepl­ant in die hoek. Vetplante is ook ’n goeie opsie – dit vra min onderhoud en water.

4

IN ’N NUWE LIG Installeer ’n pragtige kandelaber in die middel bo die koffietafe­l en hang ’n groot spieël teen die muur om natuurlike lig te weerkaats. KONTAK shellyberg­h@gmail.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa