Tuis

Vra vir JJ

- Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingesels­ies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG.

Las van swamme

Johan Marx van Pretoria skryf Verskeie plante in een van ons beddings het gevrek. Toe ons hulle verwyder, was daar sulke grys draderige groeisels onder die grond, en ons wonder of dit swamme kan wees; dieselfde groeisels was ook om die plantworte­ls. Sal ons die grond met iets moet behandel?

JJ antwoord Jy kan die grond met ’n swamdoder soos Odeon of Mycoguard behandel, maar onthou: Nie alle fungusse is nadelig nie. Dié wit drade is meestal voordelige swamwortel­s (mikorisa) – jy moet beslis nie daarvan ontslae raak nie. Die swam kon op die wortels ontwikkel het nadat die plante gevrek het.

Watter boom is dit?

Julliet Lwiindi van Kitwe, Zambië, skryf Kan julle asseblief help – dié boom staan in my tuin en ek wil graag meer daaroor weet, want ek wil nog een koop.

JJ antwoord Dié boom se naam is Terminalia mantaly. Dis inheems aan Madagaskar en die tropiese dele van Afrika. Dit word uitgeken aan die sterk, regop groeiende hoofstam en die sytakke wat teen amper 90° daaruit groei. In baie stede is dié boom gewild langs lanings.

Plantkos

Koot Slabber vra Ek gooi op die oomblik 3:1:5 tussen my plante en gee goed water. Is dit nodig om ook kompos en beenmeel in te werk?

JJ antwoord Ja, kompos belug die grond. Dit voeg ook noodsaakli­ke organiese materiaal en klein hoeveelhed­e koolstof by die grond en is een van die maklikste maniere om meer mikrobes in die grond te kry. Beenmeel bevat weer baie kalsium, wat plantselle versterk, asook fosfate, wat wortelontw­ikkeling aanhelp. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa