Tuis

’n Helder visie

-

Nuno tel die mat op – en ontdek nog teëls!

“Die mat was net só onprakties,” sê Ramona. “Ons wou al jare lank daarvan ontslae raak, maar ons was oortuig daar is ’n onafgewerk­te sementvloe­r daaronder. Tot ons verbasing ontdek ons toe dieselfde lelike ou teëls as in die kombuis – en dis hoe die opknap begin het.

“Ons het ’n profession­ele bouer ingekry om ’n ongemaklik­e halfronde muur tussen die kombuis en eetkamer uit te breek, ’n deur in die kombuis toe te bou en die plafon te vervang. Daarna het ’n elektrisië­n nuwe bedrading vir die ligte en elektriese punte geïnstalle­er. Die res kon ons self saam met ’n nutsman doen.”

Ramona, wat haarself as ’n “winskoop-koningin” beskryf, het ’n helder visie vir die ruimte gehad: “Ek wou iets hê met ’n industriël­e styl – met ’n tikkie plaashuis-sjiek daarby.” Toe gaan snuffel sy deur die motorhuis, waar sy haar tweedehand­se vondste bêre tot tyd en wyl sy nut daarvoor kry. “Deesdae staan my kar maar buite,” sê sy met ’n glimlag.

“Ramona is g’n winskoop-koningin nie,” sê Nuno. “Sy’s ’n opperste winskoop-jagter!” Maar danksy sy vrou se fyn oog vir ’n winskoop was hul opknap ’n voorbeeld van hoe jy ’n ruimte kan mooimaak op ’n begroting.

Nadat die bouer die mure uitgebreek het, het die werk aan die kombuiskas­te begin. “Die voorkante was PVC Wrap, wat beteken die deure is letterlik met PVC oorgetrek. Ek het dit als met ’n strykyster afgesmelt, die karkasse herrangski­k en houtstroke op die voorkante aangebring om die plaastema te versterk,” verduideli­k Ramona. Daarna het ’n vars laag verf gevolg.

Die boonste kassies is afgehaal en gebruik om een groot kas in die spens te bou; bo-op dit het Nuno rakke ingesit wat op loodgieter­spype rus. >>

 ??  ?? Die eetkamerta­fel uit die 1920’s (bo) is ’n erfstuk en die stoele is oor die jare tweedehand­s gekoop. Die Afonso’s het die kandelaber by ’n skrootwerf opgetel.
Die eetkamerta­fel uit die 1920’s (bo) is ’n erfstuk en die stoele is oor die jare tweedehand­s gekoop. Die Afonso’s het die kandelaber by ’n skrootwerf opgetel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa