Tuis

Op die vloer

-

Die kombuisvlo­er is ’n kombinasie van herwinde houtblokki­es en swart-en-wit sementteël­s. “Die blokkiesvl­oer is loshande my gunsteling-element,” sê Ramona. “Dis ook ’n legendarie­se winskoop: Dit kom uit ’n woonstelbl­ok wat gemodernis­eer is; hulle sou dit weggooi, toe maak ons vir die eienaar ’n aanbod – vir net R3 000 het ons 200 m² gekoop, wat genoeg was vir die hele huis se vloere!”

’n Kontrakteu­r het die blokkies in ’n visgraatpa­troon gelê en die Afonso’s het dit self geskuur en verseël om geld te bespaar. “Dit was die goorste deel van die projek; ons het geen idee gehad waarvoor ons ons inlaat nie. ’n Kenner sou die helfte van ons hele begroting gekos het, maar as ek enigiets kon oordoen, is dit die een ding waarvoor ek sou spaar,” sê Ramona.

Sy en Nuno het twee hele dae tot saans laat aan die vloere geskuur (en weer geskuur). “Ons was oortrek van die rooi stof! Die vloere is ver van perfek, maar eintlik hou ek van die effens verweerde voorkoms. Ons sal die vloere eendag profession­eel moet laat oordoen.”

Ná net drie weke kon die Afonso’s die vrugte van hul harde werk pluk. “In daardie stadium was ons nuwe oopplankom­buis so te sê klaar; die finale afronding is oor die volgende paar naweke voltooi,” sê Ramona.

“Ek hou nie van ’n deurmekaar­spul nie,” onthou Nuno. “Maar in dié geval was dit alles die moeite werd.” >>

 ??  ?? Die kas met die glasdeure en gordyne (bo) is al nuwe eenheid in die kombuis. Die hanglampe is twee jaar voor die opknap gekoop en gebêre tot die projek klaar was.
Die kas met die glasdeure en gordyne (bo) is al nuwe eenheid in die kombuis. Die hanglampe is twee jaar voor die opknap gekoop en gebêre tot die projek klaar was.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa