Tuis

Watter hout is die beste?

-

As dit by die beste hout vir ’n dek kom, gaan jou begroting waarskynli­k die grootste rol in jou keuse speel, sê Gareth McKenzie, eienaar van McTimber Structures.

Ofskoon KCA-BEHANDELDE SUIDAFRIKA­ANSE DENNEHOUT ’n sagte hout is, is dit ’n goeie opsie – solank jy bereid is om dit gereeld te behandel. Die afkorting KCA (“CCA”) verwys na die koper-chroomen-arseen-oplossing waarmee die hout deurdrenk word. Die mengsel word aangepas vir die doel waarvoor en die plek waar die hout gebruik gaan word; die sterkte word aangedui met grade van H2 (binnegebru­ik soos dakbalke) tot H5 (buitegebru­ik en kontak met water). Enigiets hoër as H3 is geskik vir buitestruk­ture. KOSTE Vanaf R24,60/m

IPE sowel as MASSARANDU­BA is uiters hard en stabiel. “By ’n dek met dié hout moet die substruktu­ur stewig genoeg wees dat die boonste planke nie buig en kraak nie,” sê Gareth. Hy beveel aan dat die hout elke ses tot agt maande met ’n Silkwoodde­kseëlaar behandel word. KOSTE Vanaf R46,62/m

BALAU is veral geskik vir gebruik aan die kus, aangesien dit min tot geen onderhoud in vogtige gebiede verg; in die binneland moet dit egter gereeld behandel word, anders kan dit uitdroog en kraak. Frikkie Greeff, besturende direkteur van Woodoc, beveel aan dat dekke in die binneland met óf Woodoc Deck Dressing (elke ses tot nege maande) óf Woodoc Water-Borne Deck (elke 12 tot 18 maande) behandel word. KOSTE Vanaf R48/m

GARAPA is nog ’n goeie keuse wat, net soos balau, min onderhoud in kusgebiede nodig het; in die binneland moet dit jaarliks behandel word. KOSTE Vanaf R48,22/m

Aangesien ZIMBABWEAN TEAK ’n hardehout uit Afrika is, is dit heeltemal opgewasse teen die uiterste temperatuu­rskommelin­gs in Suid-Afrika, veral in die binneland. Dis ’n baie digte hout en die kanse dat dit sal kraak is dus uiters gering; tog moet dit elke ses tot agt maande behandel word met ’n oliebasis-seëlaar soos Silkwood M7, of elke 12 tot 18 maande met ’n waterbasis-seëlaar soos Woodoc WaterBorne Deck, afhangende van hoeveel direkte sonlig dit kry. KOSTE Vanaf R65/m

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa